Jongste aktiwiteit:

Herfs leen homself tot amber, bruin, geel en menigte skakerings van ander kleure. Dit is ook die inleiding tot die rus van Winter waar die aarde weer asemskep. Herfs kan ook herinner aan periodes in ons verhoudings met mekaar, ons geliefde en die aarde.

Hierdie projek stel aan jou die uitdaging om hieroor te skryf. U kan deelneem in enige van die afdelings, maar elke inskrywing MOET die woorde: ‘Amber rus ons liefde, in afwagtiging dat dit wéér ontspring…’ insluit. U kan self besluit waar dit in u werk gebruik word. Dit mag NIE u titel wees nie, maar kan daarmee begin, of eindig of doodgewoon deel uit maak van die inhoud van u skrywe.

Projek sluit 24:00 op 29 Maart 2016.

Baie sterkte, en laat u verbeelding vrye teuels geniet.
Projek Moderator

‘Skryf in Afrikaans…dit maak soveel sin’

Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar – helder geel en rooi getooi tot brons en goud, versadigend gelouter in laaste sonstraal, voordat blaarsteel kurkagtig en koud die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou en winter skelm wit sy intrek kry, nog voordat alles verkluim in grou […]

Amber sak die son weg in die oseaan. In afwagting bekruip die nag die horison en ’n nuwe seisoen sal uitbroei as die son weer opkom Amber rus ons liefde, in afwagting dat dit weer ontspring, soos ou sade versprei, verspoel en verwaai terwyl die herfswind deur ’n tapyt van blare kattemaai. Amber sterf ’n […]

Soos moedernatuur seisoenkalender blaai – so ook ons gevoelens wat wild skoppelmaai soos droë bruin blare, ritselend breek kraak seisoene in harte wat weer ontwaak met aanvang van rukwind, wat blare pluk hul rondomtalie laat dartel tot waar hul ‘n eie lêplek in die boomkoelte vind Vorm skilderkwas van natuur ineengevlegde herfstapyt verkleur harte na […]

Herfs leen homself tot amber, bruin, geel en menigte skakerings van ander kleure.  Dit is ook die inleiding tot die rus van Winter waar die aarde weer asemskep.  Herfs kan ook herinner aan periodes in ons verhoudings met mekaar, ons geliefde en die aarde. Hierdie projek stel aan jou die uitdaging om hieroor te skryf.  […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed