So breek vir ons almal nog ‘n lente aan. Die veld vibreer vinniger en die voëls sing asof hulle hul eie liedjies wéér getoonset het.
Dit is die mees omskryfde seisoen, maar dit ten spyt, wil ons hê dat die unieke skrywers van INK die projekblad besaai met die mooiste kleure, geure en vibrasies wat net Lente kan bring.
In regte egte Lente stemming is die PROJEK ‘n vrye uitdaging en kan die digter en die storiemaker vryeteuels neem en die wonder van lente besing.
Daar is geen reël oor styl, vorm, lengte, diksie, of rympatrone.
Besing die Lente!
Bekoor ons.
Projekbestuur
Lourestines neem soos onkruid oor
wit viooltjies het hul blou verloor,
oral deur rank duiwelsklou
duisendskoon verdor vergrou.
My do-ring koester rose geel
wyl venushaar geurig smeul,
min water laat erepryse verlep
clarikas blom -word stem behep.
Tussen tulpe blou ex facia
soos my hart na kwepers lus,
Vir jou my Geel akasia…
woorde wat wortels uit wis
( PS elke…