Duisternis het strak
voor sonstrale gewyk en
nou lê die lunabal
boepens, bleek en skaam
opgerol onder doukombers
ver buite die songeselskap
om tog nie tande te tel,
met stom lippe, ongehoor
maar knipperoog
van sien gesoog;
sikspens drome is reeds
opgewonde gehang
aan die rooi van ‘n
geswelde
perskewang.
© Anzé Bezuidenhout