Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember 2019 projek – Lente (Verplasing)

‘n Nuwe seisoen het aangebreek! Daar is altyd hoop – maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie.

Die deurlopende tema vir September se projek is as volg:

1. Jou skryfstuk moet nuwe lewe suggereer (suggereer: iets word nie direk gestel nie).

2. Jou skryfstuk moet in die styl van ‘n VERPLASING geskryf word (verplasing: in iemand anders se skoene; spreek namens daardie persoon).

3. Kies enige persoon (dit kan ‘n bekende, ‘n Bybelfiguur of ‘n fiktiewe karakter wees) wat jou inspireer om na nuwe hoop en lewe te streef.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Laat ons dan ook tydens die lente ‘n inspirasie deur ons skryfwerk wees!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Skommelsee, skeurende sluise in vloed; louwarm spartelasem en bloed. ‘n Helse vuur; vlammende pyn, kom en gaan en kom en gaan en dan verdwyn Soos ‘n wildsbok in ‘n jagtersstrik spartelend na sy vryheid wik; word in barensnood verlig verlos lewend gewend liefdes tokos. In embriogekrulde staat pleeg jy plasentaplagiaat. Uit my moederskoot verwek ontsnap […]

Tannie Sakkie het op ‘n plaas buite Wepener geboer. Sy was alom bekend vir haar pampoene. Ongelukkig nie die stroopsoet Hubbard-pampoene wat sy produseer het nie. Tannie Sakkie was soos soveel ander Afrikaner vroue die slagoffer van eersgebore benaming – aan Oupa se kant. Gedoop Isak Florence Koekemoer, agter oorle Oupa Isak en Ouma Florence […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak