Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2021 – Positiwiteits projek

Beste INKers

Ons is op die drumpel van lente, alhoewel dit op sekere plekke in die land nie werklik so voel nie.

Hierdie maand se projek het nie ‘n spesifieke tema nie.

Ek wil almal tog versoek om die toon van jul inskrywings só te kies dat die wonder van belofte, groei en die lente besing word. Kom ons weerhou onsself van die depressie van ‘n virus en die klaagliedere wat hierdie pandemie, en sy gevolge, vir ons gebring het.

Alle afdelings van die projek het dus een opdrag: Positiwiteit.

Geen verdere reëls of voorskrifte is van toepassing nie.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Vingers van Heerden

Deur Datum gepubliseer: 5 September 2021 17

My oorlede pa het twee broers en een suster gehad, waarvan die een jonger broer Oom Martin was. Hy was ‘n man wat baie lief was vir diere en sy karre en sy vrou Ina en dan sy dogter Portia of Tia soos ons haar ken, seker nie in…

Dis lente… (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 5 September 2021 13

Lente, jou bloeisels bot welig in aanskoue –
so vars, so nuut, so mooi in die ontdooi
van winter wat vervaag van flenter… ys
word warm, lewe seisoen

jou aanraking so sigbaar tussen die vaal,
bring jy hoop tussen die gister-winter
en vandag se mooi getooi

Lente, bring nuut in my hart – suster
bring die…

September 2021 – Positiwiteits projek

Deur Datum gepubliseer: 2 September 2021 10

Beste INKers

Ons is op die drumpel van lente, alhoewel dit op sekere plekke in die land nie werklik so voel nie.

Hierdie maand se projek het nie ‘n spesifieke tema nie.

Ek wil almal tog versoek om die toon van jul inskrywings só te kies dat die wonder van…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 116 gaste aanlyn

Bydraes – Argief