Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

September 2021 – Positiwiteits projek

Beste INKers

Ons is op die drumpel van lente, alhoewel dit op sekere plekke in die land nie werklik so voel nie.

Hierdie maand se projek het nie ‘n spesifieke tema nie.

Ek wil almal tog versoek om die toon van jul inskrywings só te kies dat die wonder van belofte, groei en die lente besing word. Kom ons weerhou onsself van die depressie van ‘n virus en die klaagliedere wat hierdie pandemie, en sy gevolge, vir ons gebring het.

Alle afdelings van die projek het dus een opdrag: Positiwiteit.

Geen verdere reëls of voorskrifte is van toepassing nie.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder

*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

Vlerksang(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2021 15

Bo die
goueprieel
het sy
haar vlerksang
gespeel, …

‘n konkavuur vir eendag Silwer

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2021 12

ek blik vir jou ‘n konkavuur
om jou hart snags knus te hou,
die plekkie waar my beeld eens was
in gisters toe te vou

want gister was ‘n kabbelstroom
waarin die somerson kon baai
en liefde sonder ophou
aan die maan kon skoppelmaai

ek sou so graag jou hand wou neem
net een keer weer wou voel,
hoe…

Te

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2021 14

Alles wat met “te” begin is sonde, behalwe “te voet” en “te perd” – of so het ek gehoor. Te veel van enigiets, selfs die goeie goed, is selde gesond en die beste is maar om matigheid voor oë te hou. Dit geld toe ook sommer vir positiwiteit. ’n…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 139 gaste aanlyn

Bydraes – Argief