Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Winter nostalgie (1 Junie 2016 tot 30 Junie 2016)

Winter is voor die deur, en soos gebruiklik is dit sop en snysels, warm komberse en ‘n kaggelvuur, vir sommige heerlike likeur of ‘n stomende koppie koffie. Die herinneringe aan kindertyd tydens winter is altyd ‘n nostalgiese affêre, en tog vergelyk so baie digters die afvalligheid van liefde met winter. Dit is ‘n seisoen sonder simpatie, blaarlose bome en vaal dooie gras.
In hierdie projek wil ons sien of die deelnemende digters / skrywers ‘n gemoedsverandering kan beskryf tussen die doodsheid van winter en die nostalgiese voor-die-vuur herinneringe wat ‘n wintersamesyn kan bring.

Die gedigvorm is vry, en geen spesifieke rympatroon word benodig nie, maar die moderators sou wou sien hoe die skrywer/digter die leser lei vanuit ‘n emosionele vaalwinter na die wonders van samesyn.

‘n Kort voorbeeld volg:

Onder die vaal gras
van hierdie winter
lê die ver wees van jou…

helaas nooi die tortel,
met haar koer

ons om weer hier te wees
saam; voor ons vuur.

Dit is ‘n baie eenvoudige voorbeeld maar hoop dat dit die idee sal weergee.

Rinkink in Afrikaans…dis altyd ‘n goeie ding.
Projekbestuurder.

Katterus

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 25

Knus lê sy teen my been
en spin haarself in ’n wêreld van katdrome.

Die snorbaardjies spring-spring
en haar voorpootjies ruk liggies.
Haar majesteit is seker besig
met ’n wandeling in ’n helder
blommetuin waar vlinders en
naaldekokers tartend ronddans.

Ritmies beweeg die wolhaar lyfie
soos sy die fyn asempie deur…

Koue hande, warm liefde

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 45

Die laatmiddagson gooi goue strepies deur die venster. Marietjie lê alleen in die kamer en lees haar boek. Haar oë volg die lyntjies van links na regs, maar sy neem nie een enkele woord in nie. Haar aandag is by die stemme in die sitkamer op die…

Oosweer

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2016 12

Somer en sand het saam
op die wind ingewaai
en winter laat sweet
met swem en sonbaai
toe die stof gaan lê
het die wind huilend
verdwyn in die weste
en toe sak die somer
stadig saam die son
wyl die winter weer
klim oor die horison

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 158 gaste aanlyn

Bydraes – Argief