Kindjie klein (Brons)
Kindjie klein
kindjie klein alleen
die lewe se seer
op jou kom teer
vroeg al verweer
lewe se seer
jou laat vlug
van lewe se klug
weg van die druk
enigste besittings
in sak oor jou rug
dierevriend by jou
die warm in kou
soekend na omgee
waar liefde regeer
nie wrede harte
wat brose vertrap
Jesus roep kindertjies
Hy bewaar en beskerm
vou hul in liefde teer
verdryf hul diepe vrees
jy wat mishandel
‘n kindjie klein
ongesiens sal
dit/nie/bly
© Marianne Buys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek