Jongste aktiwiteit:

Kinta en haar finale besluit.

Dag Sewe.

So breek dag Sewe aan waar albei nie baie lus voel om op te staan nie. Die Karoo oggend begroet die twee met die mees kleurvolle sonsopkoms wat ʼn gevoel van tevredenheid by hulle wek. Miskien weet die Karoo iets wat die twee nog nie van bewus is nie.
“Weet jy rêrig hoeveel dae ek geroep het na jou in die wandelgange van ons eens perfekte liefde, Kinta?”
“En hoe speel die lewenssimfonie aan die anderkant van die skeidingsmuur, ek glo nie jy het rêrig geweet nie Ulrich.”
“Daar was ʼn hardnekkige verskuilde muur wat die hardnekkigheid versterk het en die soeker blindelings gelaat het om nie die regte weë te vind nie, my Hartedief.”
“Dis jou verbode passie van menswees waar bekoring uitgesluit is en liefde tot as verkool lê, hier tussen die teenoorgestelde pole van haat en liefde, Ulrich.”
“So het ek jou geroep Kinta en jou onverpoosd gesluier in hierdie wreedgeskeide wandelgang van selfbejammering.”
“Kom genees my hart Ulrich met ʼn straaltjie van die maanskyn…”
“Ons kortstondige lewe is soms so gejaag dat ons so dikwels vind dat ons nie die klein dingetjies wil noem wat altyd in ons gedagtes opkom nie, my Liefling.”
“Is dit waarom hierdie dag die perfekte geleentheid is… om iemand soos jy spesiaal in my lewe te wil hê?”
“Maar weet net dit Kinta, ek bly jou liefhê,” so staar hy na haar en dan weer oor die vêrre horison van die Karoovlaktes.
“Jy het nou net eenmaal die manier om so bedagsaam met my te wees, wat kan ek nog byvoeg,Ulrich,” die hartseer emosie lê baie naby, sy byt op haar lippe om dit te onderdruk.
“Ek is so dankbaar om jou in my lewe te kan hê, jy is die spesiale iemand wat elke dag my lewe kom versier het.”
“Dankie vir jou geduld met my die afgelope tyd, Ulrich.”
“Kinta ek dink tog alles wat ons hier deurgemaak het, sal vir ons nuwe horisonne stel. Weet jy wat, daardie persoon met wie ek hierdie horisonne wil deel, is net een wat daaraan kan voldoen en dis jy… Kinta.”
“Jou pragtige geaardheid en standhoudende liefde vir die lewe en vir my is ʼn inspirasie om weer van voor af die lewe saam met jou te wil deel, Ulrich.”
“Kinta ek sien en weet jy is opgewonde om hierdie amperse ramp weer aan die gang te kry, so laat ons weer by die begin, begin…”
“Dit is nou hierdie eerlike benadering van ons in die buitelug, hier het ons geleer om weer lief te hê, te waardeer en te respekteer, die natuurlike wêreld rondom ons wat steeds die opwinding na hierdie horisonne lei. Ai hoe wonderlik sal dit nou nie wees nie.”
“Albei van ons se uitkyk was nog altyd om die gees van die avontuur te beproef, om onsself te dompel in die natuurlike omgewing en om die dryfkrag wat binne-in onsself is te omhels, om te soek na die harmonie van plekke wat die meeste bied Kinta.”
“Ulrich so lank ons onthou dat elkeen van ons iets het om by te dra tot ons wonderlike familie.”
“Kom jy saam met my Kinta, na daar by die begin van liefde en ons eens romantiese oomblikke om in ʼn gelukkige familie te belê?”
“Ja Ulrich ek wil,” en leun haar kop op sy skouer.
“Kinta jou visie as moeder en ʼn kreatiewe skepper, verfraai die wêreld waarin ons almal wil deel.”
“Dankie vir die kompliment.”
“Of ons onder amateur of wat ook al tel, niks gaan ons weer onderkry nie.”
“My uitkyk op die lewe saam met jou is nou nuut gelaai vir die tweede wandeling in ons huwelik, Ulrich.”
“Kinta as jy glo in dit wat jy pas gesê het, sal ons passie weer skyn.”
“Ulrich jy is ʼn sensasionele vader vir ons kinders en ʼn man vir my, wat die sonskyn in my lewe is. Ja… wat hierdie sagte plekkie hier diep binne-in my hart gesteel het, nie net die eerste keer nie, maar nou ook vir ʼn tweede keer in my lewe,” so staan sy onder sy arms en bedel vir daardie passievolle soen van hom.
“En nooit sal ons weer bang wees om foute te maak, my Liefling.”

Vir sommiges is die Karoo die mees uitverkore plek op hierdie Aarde en vir ander is dit ook soms die teendeel. Daar by die opstal is die dinge ook nie soos wat dit moet wees nie. Gatiep kry nie rigting nie.
“Gatiep! Wat is fout?”
“Ja my Grootbaas,” hy weet nie wat om te verwag nie.
“Gatiep sê vir my, waar is my twee kleinkinders?” bekommerd kyk hy na Gatiep.
“My Grootbaas, ek het hulle nog gesien toe die son donker geword het.”
“Het jy die twee al vandag gesien?” stadig slurp hy aan die oggend koffie, hy weet nie wat om te dink nie. Ouma Gertruida was van die begin af nie so danig met hierdie hele plan van haar man nie.
“Nee my Grootbaas!”
“Maar wat sê jy my nou eers,” so staan hy vir ʼn wyle en staar oor die Karoovlaktes om te probeer sien of die twee iewers moet wees.
“Die kleinbaas en kleinnooi…” skielik bly hy stil.
“Is daar fout, jy moet vir my sê, Gatiep.”
“Ek weet nie so mooi…”
“Maar die twee moes al hier gewees het,” bekommerd loop Oupa Hubert en Gatiep soos iemand wat in ʼn staalhok vasgekeer is.
“Ja my Grootbaas, ek Gatiep het ook so gedink, maar die kleinbaas, dié het ʼn ander plan met ons hier op die plaas.”
“Wat bedoel jy Gatiep?”
“Die laaste toe ek vir hom gesien het, het hy so snaaks gelyk. So asof hy siek is, maar hy weet ook hoe om siek te speel,” al wat Gatiep nog kan doen is om sy eie kop te vryf.
“Kom Gatiep ons kan nie nog langer hier staan en wonder nie, laat ons die twee gaan soek!” so is die twee daar weg oppad na waar Gatiep vir Kinta en Ulrich die laaste maal gesien het.
“Hierso my Groot Baas, dis hier waar ek die twee laas gesien het,” Gatiep kan nou nie so mooi verstaan wat hy hier te sien kry nie.
“Gatiep is jy seker dis waar jy hulle gesien het?”
“So seker as wat Gatiep nou lewe, het ek gesien hoe die twee mekaar…” so raak hy net stil en wil niks verder sê nie.
Daar is geen spoor van die twee nie, oupa Hubert dink nou dat Gatiep ʼn komplot met die twee gesmee het, “Gatiep ek kan nie sien dat die twee hier laas nag geslaap het nie,” ondersoekend kyk hy na Gatiep.
Die arme Boesmankind weet nie wat om te dink nie, “kom my Groot Baas, dalk is die twee by die huis,” na baie ure se soek moes die twee met leë hande terug na die opstal.
“En kon jy die twee gekry het?”
“Nee my vroutjie, die twee is spoorloos…”
“Moet dit nie vir my sê nie,” magteloos staan sy ook en wonder wat sou kon gebeur het.
“Ons sal moet wag en kyk, dis al wat ons nou kan doen.”

“Kinta kyk daar staan die windpomp wat die water diep uit die aarde se maag haal om mens en dier te voorsien van die lewensbelangrike middel,” so wys hy in die rigting van die opstal.
“Ja so staan hy as simbool waar sy wiel om en om draai en sy gekras skaars die steeds teenwoordige stilte versteur,” skielik kyk sy na Ulrich om oogkontak te maak.
“Ja Kinta, die gevoel van ongebonde vryheid en die staalharde uithouvermoë, dis wat ons reggekry het,” en gee haar hand ʼn ligte drukkie.
“Dis die beloning is soet vir diegene wat ryklik volhard en sy geheime ontdek.”
“Wonderbaarlik het ons by die Karoo se genadelose omstandighede aangepas…” skielik voel dit vir hom of hy ʼn brulpadda ingesluk het, “ek wil vir jou nog een laaste woord voordra:
Kinta ek is baie lief vir jou, daar’s net een hart soos joune en ek gaan dit baie goed bewaar, want daardie hart is deel van myne, die laaste tyd het my hart net verdriet geken. Jou hart is meer werd as duisend stukkies fyngoud, daardie hart is so skaars soos die skaarste “black maria” en dit moet goed bewaar word om behoue te bly. Ek is lief en verlief op jou al is jy my vrou, net soos jy is, niks kan my laat verander wat ek voel oor jou. Ek weet ons is nie perfek nie, dis hoekom ons ʼn lewensmaatjie nodig het om ons ongepoetste kante saam te poeleer, dat die regte grein navore sal kom. Dis al wat ek op hierdie stadium van my amper gebroke hart het.
“Einste Ulrich, ek dink dat dit ʼn wonderlike leerskool vir albei van ons twee was,” stadig draai sy om en omhels hom.
“Ek moet vir jou dankie sê Kinta.”

Slot.

25 September 2015.

Soms word liefde in Braille gelees en so baie kan die ontleding daarvan nie verstaan nie.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed