Jongste aktiwiteit:

KINTA. Hoofstuk 2

Dag Een.

Ouma en oupa Hubert nooi vir Kinta en Ulrich vir ʼn onvergeetlike agtdae vakansie op sy enorme Karooplaas. Ulrich is hul oogappel van al die kleinkinders.

Die laaste twee weke het soos ʼn berg vir Kinta gevoel. Hoe sal ek vir hierdie twee dierbare mensies in die oë kan kyk, wanneer hulle uitvind dat ons eens romantiese huwelik nou aan’t skerwe lê. Sy en Ulrich is nie meer so spraaksaam soos gewoonlik wanneer hulle twee in hierdie ongetemde Karoowêreld, wat in die hartjie van hierdie oneindigheid vasgevang lê, kom besoek aflê nie. Ulrich probeer alles in sy vermoë om sy huwelik te red. Die pad kan eensaam en ongemaklik raak wanneer jou stilswyende passasier óf is dit nou jou pragtige lewensmaat op ʼn woordstaking is, óf is dit nou soos die moderne mens dit sal beskryf; ʼn anoreksia woordeskat wat jy verberg en gebruik soos dit jou pas, óf jy wys jou gevoelens wanneer jy wil.
“Goeiemôre Oupa en Ouma.”
“Goeiemôre Ulrich en Kinta, het julle twee goed gery?” die vreugde is ondempbaar en daar’s altyd blydskap op die plaas wanneer die twee of meer mense vir die twee onverbiddelike oumensies kom kuier.
“Kom die vuur is al aan die brand gesteek, julle twee is seker al teen hierdie tyd dood van die honger.”
“Is dit nie te vroeg vir die tradisonele braai nie Oupa?”
“Nee Kinta, hier in die geweste maak ons soos ons dit wil hê,” vandag sweef daar so ʼn effe anderse laggie in die lug rond.
“Dan moet daar feesgevier word hier op Kroon-belofte.”
“Einste ou boetman, hierdie soort fees word net eenmaal in ʼn mens se lewe gevier,” en klop hom op die skouer en daarna ʼn drukkie vir elkeen van hulle.
“Hoe sê die mense hier, maak nie saak hoeveel om die braaivuur staan nie, dis altyd ʼn groot sukses.”
“Einste, dis eie aan hierdie wêreld.” Kinta is nie so spraaksaam soos altyd wanneer sy hier op Kroon-beloftes kom kuier. Ouma Gertruida moet alles uit haar trek.
“Kinta wat pla jou, is daar fout?” oumas ken van, as dit by stilstuipe kom, dat iets nie so mooi in plek is nie.
“Ag dis net so ʼn bietjie ongemak tussen hier en daar,” probeer sy haar wys maak.
“Ulrich sê vir ons wat gaan aan?”
“Maar Ouma, hoe weet ʼn mens of dit gaan werk of nie?”
“Kyk, die storms woed soms in die innerlike vir selfbehoud.”
“Ek glo nie dat ons hierdie probleem het nie, Ouma en Oupa,” kom die woorde met soveel selfvertroue uit sy mond.
“Soos jy kan sien Ulrich, is julle twee se liefde nou relatief vir die meeste van julle tyd… nog een misstap en daar is geen regstellings om die liefde weer te herwin nie. Daar’s baie minnaars wat veld verloor teenoor hul lewensmaat in hul liefdeslewe. Ek en jou Ouma het ons onderonsie gehad, maar dis nog nie die einde van alles nie,” so soek hy sy geliefde vrou se hand, om te wys dat hy haar nog net so lief het as toe hulle jonk was.
“Hoekom is dit so Oupa?” Ulrich voel verontrus wat hy nou net gehoor het.
“Of julle twee glo of nie, liefde gaan dalk vinnig terugkeer of dalk nie soos julle twee beplan het nie.”
“Het jy gehoor wat Oupa sê!”
“Kyk julle twee, dit is soms moeilik om ware liefde se waarde te bepaal. Daar moet nie net op oppervlakkige maniere geargumenteer word nie.”
“Dit klink net na te veel moeite Oupa…” hy probeer Kinta se oog te vang maar dis tevergeefs.
“Solank as wat jou liefdeshorison tyd vir ʼn leeftyd of minder is, is daar regtig geen rede om enige opsies te ignoreer wanneer jy in waarde liefde wil belê nie. Soos die meeste ander gesoute minnaars, bied ʼn hefboom en buigsaamheidsverhouding die geleentheid om weer tot besinning te kom. Ware liefde is nie koopbaar nie, standaard of oppervlakkige liefde dié is te kope.”
“Nou sal Oupa moet verduidelik,” so sit hy al nader om mooi te hoor wat sy oupa wil sê.
“Byvoorbeeld, waarde liefde kan nie met geld gekoop word nie.”
“Ek verstaan.”
“As ʼn laaste herinnering Ulrich. Oppervlakkige liefde, is ʼn tipe ding wat net vir die oomblik werk. Dis net ʼn oproep vêr van ʼn prokureur af. Want dit kos geld!”
“Geld is nie meer die probleem vir die meeste van die mense nie,” hy sê dit uit pure onkunde en onbegrip oor wat sy oupa wil sê.
“ʼn Lang gelukkige liefde kos geen geld, dit kos minder as ʼn volstrekte oproep na ʼn egskeiding.”
“Maar…”
“Kinta en Ulrich, dit verlaag alles van julle twee en die risiko’s…, terwyl jy tog nog die potensiaal sien om as gesin saam die lewe te geniet,” so staar hy na die twee en weet dat hier groot fout is.
“Maar Oupa…” met ongemak weet Ulrich nie meer hoe om te sit nie.
“Maar waarom al die maar’s Ulrich?” probeer hy hom berispe met sy oë.
“Oupa het gelyk, ek sal probeer luister.”
“’n Goed deurwerkte gesprek het nog waarde om daarin te belê, want daar is genoeg tyd om ʼn gedefinieerde uitgangspunt onder al twee se opinies te opper. Dit ís, gló my. Ek dink Ulrich se ondergewaardeerde liefde het geen einde,” stadig skud hy sy kop om dit te bevestig.
“Dis ek wat nou saam met hom moet leef,” sy kan nie een van hulle in die oë kyk nie.
“Kinta ons het tyd nodig om te besin wat ons twee wil bereik wat jy alreeds genoem het,” probeer hy nog vir ʼn laaste maal te red wat daar te rede is.
“Ek wil nie meer luister nie,” en kyk net skraps na sy kant toe.
“Byvoorbeeld Kinta, kan jy sien dat my mening waarskynlik nie veel gewig dra bo jou sienswyse nie, is dit wat jy wil hê vir die res van jou, óf moet ek sê ons lewe om te wil hê wat so baie nie wil hê nie.”
“Hoekom wil ander net vir my staan en voorskryf?” haar stem is nie meer so teer soos altyd nie.
“Ek sien dit gee ons ʼn baie maklike onderstebo einde aan ʼn potensiële gesprek,” wys hy vir haar dat sy moet toegee.
“Nee oupa,” uit moedeloosheid weet sy nie meer wat reg en verkeerd is nie.
“Maar wat! Ek dink dis net ʼn redelike verskoning om julle liefde nie te probeer herwin nie,” kyk hy haar ferm in die oë.
“Dis nie waar wat Oupa nou daar sê nie!” sy vermy om oog kontak te maak.
“Goed, wie weet! Miskien kan ek nog iets leer op my ou dag,” kyk hy die twee onderlangs aan.
“Ek het niks meer om te sê nie,” so sit sy nou met gevoude arms en staar net in die vêrte in om nie verder te luister nie.
“Aangesien jy nou ʼn plafon op jou liefdesvoorwaardes wil toepas, is jy waarskynlik besig om jou potensiële liefde te verstrik Kinta,” nou word daar geen doekies omgedraai nie.
“Ek het nou genoeg van julle twee,” probeer sy haarself handhaaf.
“Is dit die vlak wat jy vir jouself stel Kinta?”
“Brrrr maar jy het geen einde nie,” trippel sy op haar tone rond.
“Dit maak vir my perfekte sin ten koste van ons kinders hoekom jy my so behandel het,” probeer hy uitwys waar die probleem dalk kan wees.
“Nou praat jy onsin Ulrich!” met oë wat nou blits vir ʼn vale.
“Genugtig Kinta…” probeer hy so kalm as moontlik bly.
“Stadig nou oor die klippertjies julle twee. Daar is drie dinge waarna elk van julle moet kyk in ʼn huwelik …

Eerstens; kyk vir ʼn regte lewensmaat en ek dink tog dat julle twee bymekaar hoort.
Tweedens; soek iemand met stewige grondbeginsels, ek dink dat julle twee wel daaroor beskik.
En derde; kyk verby mekaar se swak punte, probeer om die onperfekte lewensmaat perfek lief te hê, wat wel in julle twee se vermoë is.”
“Miskien is dit tyd dat ons aangaan met ons lewens soos dit nou is. Wat dink jy Kinta?” met ʼn halwe pleit in sy oë.
“Verskoon my vir ʼn oomblik, ek’s nou weer terug,” maar sy oupa het iets gesien wat hom tot iets anders laat besluit het wat moontlik goeie vrugte sal afwerp.
“Is dit al wat jy wil sê Ulrich,” met ʼn effense hartseer stemmetjie. Niemand wil meer iets sê nie.
Na ʼn wyle is sy oupa terug, “kom ons laat dit vir eers daar, môre is nog ʼn dag van sy eie,” dan kyk sy oupa na almal wat daar rondom hom sit.
“Ek dink dat Oupa reg is,” so kyk Ulrich na Kinta om te dink dat môre nie so vêr is nie.
“Kom ek gaan wys vir julle twee die plaas,” stadig staan hy op.
“Maar Oupa ons ken tog die plaas.”
“Dis wat jy dink Ulrich,” wys hy sy vinger na Ulrich.

Laatmiddag is al wat leef en beef op die 4X4 Jeep. So is die geselskap daar weg sonder ouma Gertruida. Na ʼn goeie tien minute se ry stop oupa Hubert.
“Gatiep!” en kyk in sy rigting.
“Ja my Kroon.”
“Blinddoek die jongspan se oë,” met genoeë skud Gatiep die wit lint om die twee se oë te blinddoek.
“Waarom doen Oupa dit?” aanvanklik is Kinta nie baie beïndruk met oupa nie.
“Wel, ek het iets wat ek graag vir julle twee wil wys, dit moet ʼn verrassing vir julle twee wees,” hier diep binne-in hom voel hy dat hy as medemens vir hierdie twee rebelle van die familie iets van die lewe wil leer en dit sal altyd by hulle twee bly.
“Ek maak so my, Kroon,” hy weet hoekom en doen dit met selfvoldaanheid.
Gelate word oupa se vertroue aangeneem. Na ongeveer twee ure se ry kom die groep by ʼn asemrowende omgewing aan waarvan net oupa en Gatiep weet.
“Kom julle twee, nou kan julle die doeke van julle oë afhaal.”
“Wow Oupa maar dis ongelooflik vir woorde!”
“Nou verstaan julle twee hoekom julle geblinddoek is,” en kry ʼn genotvolle sensasie dat die twee oorweldig is.
“Wow ek is bly dat Oupa ons so kom verras het,” Kinta gee vir oupa ʼn onverwagse soentjie.
“Oupa hoekom ken ek nie die plek nie?”
“Wel jy het die laaste tyd mos nie so gereeld kom kuier nie.”
“Ek is so jammer omdat ons so skaars was die afgelope tyd.”
“Wel dis jou verlies gewees Ulrich.”
“Wat kan ek anders sê as, ek is jammer Oupa.”
“Gatiep gaan wys die twee hoe mooi lyk dit daar,” en wys in daardie rigting wat die twee na hul asem sal snak.
“Kom Oupa nie saam nie,” vir ʼn wyle staar die twee na die sonsondergang en besef dat dit iets besonders is wat hulle twee nou hier sien.
“Nee Kinta, ek wag vir julle twee hier, julle twee is in veilige hande, hy ken die plek beter as ek.”
“Ag nee Oupa!”
“Ek dink dat ek net in die pad sal wees.”
“Kom kleinbaas, kom kleinnooi,” so stap die drie na daardie ongelooflike kranse toe. Die Karooson bêre sy laaste strale weg na ʼn moeisame dag. Waar die twee nie genoeg kan kry hoe die son sy kop verberg agter daardie randjies, vanwaar die twee tussen die kranse staan.
“Gatiep, Gatiep waar is jy!” daar is geen antwoord van sy kant af nie.
“Wat nou gemaak!”
“Gatiep, Gatiep waar is jy!” daar is nog steeds geen antwoord van sy kant af nie.
“Gatiep ek ken jou speletjie, jy kan maar gerus uitkom,” dwaal Ulrich se oë in die baie laat skemering met bykans geen sig.
“En nou Ulrich! Het ons nie verdwaal nie?” met ʼn heel benoude stemmetjie.
“Hoe sal ek nou weet, ek ken nie hierdie geweste nie,” hy draai ʼn paar keer in die rondte om sy rigting te probeer herwin, maar tevergeefs.
Meteens besef Kinta en Ulrich met ʼn skok dat hulle twee alleen is. Hy besef dat hy nou so vinnig as moontlik vir hulle twee ʼn nagtelike skuiling moet maak teen die Karoo se koue wat altyd gewillig te na aan die lyf kom lê.
“Jou oupa het dit met opset gedoen!”
“Hoekom sal hy so iets doen?”
“Nee Ulrich dis ʼn komplot van julle kant af,” sy weet nie wat om te dink nie.
“Wag so ʼn bietjie met hierdie een van jou. Ek weet niks van hierdie hele ding af nie,” half vererg staan hy daar.
“Ook Gatiep het soos mis voor die son verdwyn en hoekom?” sy is daar en dan woedend kwaad vir die hele familie.
“Kinta sal jy my help om hout te soek vir die nag as ons weer die son wil sien opkom,” die nag temperatuur is nou vinnig besig om te daal.
“Volstrek nee!” staan sy daar of sy betaal word.
“Goed, ek weet nie hoeveel ek bymekaar gaan maak nie,” al tastend soek hy na droë hout vir die nag om hul warm te hou.
“Ek gee ook nie meer om nie! En dit skeel jou ook nie,” haar verstand is nou vergiftig deur haar eie idees.
“Besef jy dat ons sonder enige warm maak goed sit vir die nag?”
“Te danke aan jou lieflike oupatjie,” halsstarrig verseg sy om enige iets verder te doen of te sê. Altwee is met hul eie gedagtes besig. Ulrich doen alles in sy vermoë om ʼn skuiling te bou om hul koppe neer te lê vir die nag.
“Kinta dit gaan ons twee nêrens bring nie,” al wat hy in die donker kan sien en hoor is Kinta se stem.
“Ek het gewonder hoekom het jou oupa so aangedring om ons horlosies by die huis te los.” Nie een van die twee is bewus van die nagtelike geluide in hul nabye teenwoordigheid nie.
“Ja en ek ook,” nie een van die twee kan mekaar sien nie.
“Dis wat jy sê!”
“Nou moet ons maar die beste van die slegste maak.”
“Ulrich ek is honger en jou oupa het ons met niks te ete gelos nie,” haar vroulike instink vertel haar dat iets nie so pluis is as wat Ulrich dit wil laat blyk nie.
“Kinta hoekom hou jy so aan dat oupa dit aan ons kom staan en doen het,” teen die tyd voel hy al so omgekrap en geïrriteerd om elke keer dit te hoor.
“Ek sê niks meer,” sy voel verlate in haar gemoed, sy wil met haar man praat, dan versmoor sy die woorde in haar keel dood.
“Soos jy verkies, Kinta,” soos die nag al ouer word aan die stand van die sterre, besef hulle dat dit buitengewoon donker is en al kouer word. Nie een van die twee kan eintlik spog met genoeg klere aan die lyf nie.
Hy besef dat sy vrou verseg om toe te gee en dat haar lyf sulke koue rillings langs haar ruggraat afstuur. “Kinta my lief as jy koud kry, kan jy langs my kom sit, dan hou ons mekaar warm.”
Die vuur is besig om sy laaste lekke aan die uitgediende hout te lek. Ulrich besef wat se impak die nag gaan inhou. Hoe langer hy wag om hout te gaan soek, hoe skraler is hul kanse om te oorleef in hierdie onmenslike omstandighede. Nou wonder hy of sy oupa dit nie met opset vir die twee beplan het nie en as hy dit wel gedoen het, dan wil hy hom te alle tye veroordeel as ʼn ongenaakbare ou man.
“Kinta miskien is jy reg omtrent oupa, maar ek kan dit nie glo nie,” sy sê niks en staar nou net na die laaste hoop om warm te word by die as-koolkies, wat vir haar loer om te kenne te gee dat ons ook saam gekoppel is aan hierdie kortstondigheid van die lewe. Ulrich vind ʼn paar stukkies droë hout en plaas dit op die lou as.
“Kinta kan jy my hoor,” maar sy reageer nie. Ulrich kom sit langs haar en sy hart gaan staan amper om te voel hoe koud sy geword het deur die nag. Hy besef om haar warm te probeer kry met sy skrale liggaamshitte is dit onmoontlik om enige wonders te verrig. Hy gaan soek nog hout. Meteens struikel hy oor iets. Wat sal dit tog nou wees? Hier in die geweste is daar nie so sagte iets om oor te struikel dat jy ongeskonde daarvan sal af kom nie. Hy kan nie uitmaak wat dit kan wees nie, hy het by sy oupa geleer dat jy nie sommer aan enige iets vat as jy nie seker van jou saak is nie. Vir ʼn wyle staan Ulrich daar, hy weet nie wat om te doen nie, hy dink so in sy enigheid, as hy na die kampvuur toe terug stap of hy weer hierdie plek in die donkerte gaan kry.
“Sal ek gaan om ʼn brandende stuk hout te gaan haal en kom kyk wat dit mag wees?” hy gee ʼn paar tree na die kampvuur toe en steek in sy spore vas. “Nee ek sal moet gaan, Kinta is besig om te verkluim.” hy wil nie eens aan al die gevolge dink nie, “hoe sê die gesegde; as jy nie waag nie sal jy nooit weet nie.” So is hy terug om ʼn brandende stuk hout te gaan haal, daar gekom dan ontdek hy dat daar nie veel van ʼn keuse is nie. Die langste stukkie hout wat hy kon kry is skaars langer as tien sentimeter. Hy neem die stukkie hout in sy hand en besef met ʼn skok…




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed