Jongste aktiwiteit:

KINTA. Hoofstuk 5

Dag Twee en ‘n half…

“Kinta kan jy my hoor,” daar heers ʼn doodse stilte, hy spits sy ore en kan niks hoor of sien nie. Ulrich tas in die donker, hy haal sy twee verskuilde vuurklippies uit, in ʼn japtrap kry die vonk lewe tussen die droë gras.
“Kinta kan jy my hoor!” hy kan nie lank genoeg wag vir ʼn brandende stuk hout nie. Dan hoor hy vir Kinta iewers onder die skadus van die onheil wat niemand gewaar.
“Gatiep ek weet jy is daar iewers,” alles is morsdoodstil om haar.
“Kinta antwoord my asseblief!” dan hoor hy dat sy weer praat en kan niks uitmaak nie.
“Gatiep jy kan maar uitkom, ek dink nie dis snaaks van jou nie,” sy sien iemand kom met ʼn brandende stuk hout aan uit die donkerte, “hoe is dit moontlik dat hy so vinnig kan vuurmaak,” dink sy by haarself, “iets strook nie vir my so mooi nie.”
“Kinta waar is jy!”
“Ek is hier.”
“Wat het jy gehoor of gesien?”
“Hoe sal ek nou weet wat om te sien in hierdie ondeursigtige donkerte,” staan sy daar asof niks gebeur het nie.
“Ja wat ʼn dom vraag wat ek gevra het,” so stap die twee terug na die tydelike oornag plekkie toe.
“Ek is bly dat jy niks oorgekom het nie.”
“Dankie vir jou besorgdheid,” daar sit die twee langs die vuurtjie, so voel die twee hoe die kloue intens toeslaan. Ulrich loer in die sak om te sien of daar nie dalk iets te ete is nie, maar groot is die teleurstelling om te sien dat daar net water is om te drink. Albei is te dankbaar vir die twee liter water… en wie weet ook al wie dit daar kom neersit het.
“Dis ʼn plesier, Kinta,” nie een van die twee het ʼn benul hoe laat dit moet wees nie. Ulrich kyk na die stand van die melkweg en besef dat dit lank na middernag moet wees.
“Kinta, ek dink ons moet gaan slaap…”
“Ek is nie vaak nie, gaan slaap jy maar.”
“Ek glo nie dis ʼn wyse besluit nie, môre is ʼn dag op homself. Ons het nie kon eet om die stamina op te bou nie en moet uitgerus wees om hier uit te kom,” so berus hy hom aan sy eie woorde, hy wil ook nie meer verder praat nie.
“Goed ek kom,” sê sy dit so effe traag.
“Nag Kinta,” hy wil haar ʼn nagsoentjie gee en skielik draai sy haar wang vir hom. So het dit die afgelope tyd tussen hierdie eens perfekte paartjie gegaan.
“Nag Ulrich,” sê sy dit uit respek óf is daar ʼn ander rede… Sy gaan lê ʼn goeie twee meter van hom af, aan die anderkant besef hy om hom opdringerig te maak gaan die vonke onnodig die woede laat vlam. Die vaak oorval hom sonder moeite, maar Kinta se slaap het van haar gevlug. So lê sy daar en hoor hoe die weer al dreigend naderkom. Die kampvuurtjie is ook iets van die verlede, hier en daar gloei nog ʼn rooi oog kooltjie vir haar, wat dit alles beteken weet sy nie so mooi nie. Sy hoor hoe Ulrich die nagtelike stilte versteur soos hy snork, óf is dit dalk die hoofrede hoekom sy van hom wil skei. Die weerligte speel aan die grenssoom van die klip rantjies, al roggelend kom die Karoo se dreigende donderstorm aangerol. Al wat hoor is Ulrich, sy kan nie verstaan dat hy so diep slaap nie. Sy voel om agter sy rug in te kruip, maar haar trots vertel vir haar ʼn ander ding. Sy wil hom nie die satisfaksie gee nie, “jy dink in elk geval dat ek aan die sagte kant van die lewe grootgeword het, maar ek sal jou wys hoe hard ek in werklikheid kan word,” soetklinkend begin die eerste reëndruppels val. Sy hoop dat die skuiling gestand sal staan teen hierdie onverwagse Karooreën, sy is nie lus om nat te reën nie. Al wat slaap is sy en al langsamerhand val die druppels meer intens. Die stukkie seil wat tot hul beskikking is om die ergste nagtelike koue af te weer, is stadig maar seker besig om te klein te word en sal nie stand kan hou teen die oormag reëndruppels wat ongenadiglik neersak. Nog voordat sy mes kon sê, val die tydelike skuiling in duie. Ulrich weet nie presies wat aangaan nie, terstonds besef die twee, natter as waternat kan ʼn mens nie meer wees nie. Hy soek in die warboel na die vorige dag se leë waterhouer om dit te vul met hierdie onverwagse donderstorm se lafenis. Al wat die twee sien is mekaar se deurdruipte klere aan die lywe en die twee se onweerstaanbare silhoeëte wat afgeëts word deur die flitsende weerligte. Daar hurk-sit hy soos ʼn natgereënde haan en sy soos ʼn hennetjie. Die bietjie liefde wat tog nog iewers verskuil gelê het, is nou totaal geblus met hierdie… is dit nou ʼn welkome óf onwelkome verrassingsreën.
Ulrich kry meteens die gevoel dat sy dit tog sal verwelkom om haar te onderskraag in sulke omstandighede… allengs is die donderweer besig om op te klaar. Stadig maar verseker gee die nag bes, met die onverwagse nagtelike lafenis kon Ulrich daarin slaag om gister se leë waterhouer te vul. Kinta is heel knorrig, miskien omdat hy haar nie kom opsoek het met haar nat lyf nie. Die honger maak haar rassend. Die hormoonvlak is ook nie meer so stabiel nie. Ulrich probeer om ʼn vuurtjie aan die gang te kry vir ʼn slukkie boeretroos, maar alles is tevergeefs.
Kinta deursoek die sak wat sy laasnag ontdek het vir iets waardevol. Dalk is daar tog iets in die sak om aan te peusel, groot is die ontsteltenis… Al wat sy daarin vind is ʼn kort briefie, “wat sal nou tog hierin geskrywe staan,” bekyk sy die briefie, “sal ek dit aan Ulrich bekend maak of sal ek dit hou as ʼn troefkaart sonder om te lees wat daarin staan. Albei se suikervlak is nie so belowend in sulke omstandighede nie, hy besef dat hy daadwerklik iets moet doen, maar kry niks om te eet die tyd van die oggend nie. Sy gedagtes laat hom nie vir een oomblik met rus nie, “Karoo ó Karoo hoe ongenaakbaar is jy vandag so vroeg in die môre. Wat gaan jy vir ons twee oplewer?” skielik word sy gedagtes onderbreek deur Kinta se opmerkings. Hy kan nie so mooi hoor wat sy sê nie en maak sy eie gevolgtrekkings.
“Ten spyte dat dit laasnag gereën het, gaan jy nog steeds en kekkel soos ʼn hen…”
“Nou kom lê jy die eerste eiertjie en nie ek nie.”
“As ek mag, sal ek graag die eiertjie wil lê,” hy wil sy vinger na haar rig en besluit om dit nie te doen nie.
“Ek hoop dat jy sal weet hoe om dit te doen,” staan sy met ʼn geboë hoof en aanskou laasnag se vergete kampvuurtjie.
“Weet jy wat, ek sal dit maar vir jou los.”
“Br-r-r-rr maar jy maak my gek,” sy wil vir hom kyk dan staar sy skielik na die rotsagtige kliprantjies.
“Genugtig Kinta! Jy spoeg nie jou woorde uit nie, maar jy byt dit na buite uit.”
“Weet jy wat, dit lyk nie of jy end het nie…” verergd draai sy om en besef dat dit nie maklik gaan wees tot en met sy weer in die beskawing kom nie.
“Soos die plafon van die hemel…” wys hy so ewe vermakerig.
“Óf dalk nie… Ulrich!” rol-draai sy haar oë.
“Ek hoop dit is die liefde wat jou so laat optree,” dan gee hy ʼn tree of twee nader.
“Ek weet nie meer wat om van jou te glo nie!” draai sy stadig weer om met haar hande in haar sye.
“Wel ek weet wat om te glo…” en kyk haar verlangend na.
“Ulrich jy weet, maar ek…”
“Kinta wie jy is, kom hier uit jou binneste,” probeer hy dit so romanties as moontlik sê.
“Wat weet jy, wat uit my binneste kom?” met ʼn aanvegtende stem.
“Ek glo nog steeds dat jy my nog net so lief het,” beweeg hy nog ʼn tree of twee nader.
“Hoe jy glo en voel…” word sy net daar en dan onderbreek.
“Is hoe jy oor jouself dink, Kinta.”
“Dis nie ʼn kwessie van… dis ʼn kwessie van hoe om saam met jou te lewe!” kyk sy onwillekeurig verby Ulrich.
“Kinta stop om iemand anders te probeer wees.”
“Niks gaan meer oor wat ek sê nie, maar hoe jy dit sê,” staar sy vir Ulrich aan sonder woorde.
“Kom, ons kan nie heeldag hier staan en redekawel nie. Ons moet aan beweeg voordat die son te warm word. So trek die twee mekaar se siele uit so vêr as wat hulle aan beweeg. Ulrich kry niks om die honger te stil nie. So moet hy aanhoor dat hy nie as man waardig genoeg is om haar te versorg nie.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed