Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

KINTA. Hoofstuk 7

Dag Vier.

Vroegoggend voel Kinta se hart of dit aan flarde geskeur word en sy is nie meer lus vir hierdie speletjie nie en die dag wil ook nie saamspeel nie. Ongenadiglik sit die Karoo se oggendsonnetjie laag oor die ruwe gekamde bergreeks.
“Goeiemôre Kinta en het jy lekker geslaap?”
“Ek verpes jou en jou oupa!”
“Wat het ek nou gestaan en doen!”
“Moet jou nie so verontskuldig nie!”
“Wat kan ek nog sê waar ons nou albei die begin van dag vier moet trotseer.”
“Ulrich ek het gedink dat jy nie die regte óf perfekte lewensmaat is…”
“Natuurlik is ons twee saam die regte kombinasie…”
“Dit was so gewees!”
“Dis wat jy jouself laat glo…”
“Hoekom is jy nog so hardkoppig!”
“Kinta jy sien, die een ding wat ons nie geleer het oor die jare is om ʼn ogie te hou oor die risiko’s. Dit is redelik maklik om alles as vanselfsprekend te sien, maar ons het nooit in gedagte gehou dat die moeilike deel van menswees is om so ʼn bietjie na jouself te kyk.”
“Nou is dit weer ek…” verergd loop sy van hom af weg, maar ook nie te vêr, gaan sit sy daar en staar verstard oor die oneindigheid van die Karooveld wat geen verligting wil aanbied nie.
“Kinta daardie elegante idees van ander mense óf is dit jou goeie vriende, het met tyd ʼn beperking op ons liefde gelaat,” sy weet nie so mooi in watter rigting om te kyk nie.
“Jy weet nie waarvan jy praat nie!” die warm grond is nie so genadig as wat sy gedink het nie. Geïrriteerd staan sy op met haar hande in haar sye.
“Kinta ons as ouers is voortdurend besig om iets te omskep. Ons doen allerhande goed van ʼn interpretasie van ons beskikbare tyd. Ons soek soms na dinge soos om ons huis te vergroot, die luukse skoonheid ensovoorts; ons wys die wêreld hoe ons s’n lyk. Altyd opsoek na die regte omstandighede, die regte soort mense, die donkerste nag vir ons romanse, aan die delikate bloos van ons liefde om wie te oortuig. Ons sal selfs in die reën wandel, ons eie blik soldaatjie wat die reis na verreikende hoekies van die onbekende wêreld aan die talle verborge heiligdomme wil toon om onsself te ontdek. Al hierdie is die resultate van die hede, nooit opsoek na die standvastige pilare van ons oortuigings,” so kom lê die emosies baie naby die punt van ingee of om dit te onderdruk.
“Ulrich almal van ons het ʼn gunsteling plekkie vir daardie magiese ontvlugting om te kombineer wat soos ʼn berg voor ons lê. Dit is wat ons hart laat klop vir daardie nuwe ontdekkings,” haar stemmetjie doen ook nie veel beter as haar man s’n nie.
“Kinta hierdie magiese ontvlugting skep ʼn slegte impak op albei van ons gedagtes, alles lyk so pragtig, eenvoudig en gratis, maar wat is die uiteinde van ons lewe,” daar sit hy by haar en omklem sy kop met sy hande.
“Hoekom moet jy altyd die bobejaan agter die berg gaan haal, Ulrich?” met oë wat syne ontwyk.
“Dit is nutteloos om dit te red wat van geen waarde is nie,” kom sy woorde so half vasgeplak van agter uit sy mond.
“Kan ek ook nie eers meer my eie hart… wat my wil rig hoe om oor my geliefdes te voel nie,” onwillikeurig wipplank haar lippe aan die oewers van haar mond.
“Kinta ʼn huwelik is nie volledig sonder kinders en ons kinders sonder liefde,” probeer hy met haar oogkontak maak.
“Sê vir my wie is diegene wat hul bekla oor gebrek aan liefde in die huis, is dit bloot omdat niemand meer iets…” dan sluk sy haar woord swaarmoedig net weer so terug.
“Wat wil jy hê moet ek doen?” gooi hy sy hande in die lug. Daar is meteens ʼn gevoel van selfverwyt.
“Ons is nou die totale som van ons kinders. Daar sal niks oorbly sonder toewyding, Kinta,” kom sy stem met medelyde na vore.
“Ja, en daar is nooit te veel raadgewers.”
“En hoe sê die slim mense; daar is altyd miljoene argumente oor al die onbenullighede.”
“Daar begin ons weer!” sy voel soos ʼn vasgekeerde leeuin in ʼn staalhok.
“Kinta dit het nie oornag gebeur nie.”
“Ulrich, dis die gevolg van jou sogenaamde harde werk en deursettingsvermoë om hierdie gesinnetjie te versorg,” sy probeer haar hande na benede gooi uit frustrasie.
Hy besef dat wat hy nou gaan sê die laaste strooi sal wees, “Dit was eens ʼn huwelik wat almal in geglo het. En dit sluit albei ons ouers in.”
“Die rede waarom dit nie vir almal is nie, is omdat baie nie bereid is om enige iets vir hul maat om te gee wat eintlik kan werk vir hul samesyn,” so probeer sy ook haar hou in te kry.
Weereens besef hy dat hy nou sy woorde moet tel. “En as gevolg van hierdie bygeloof, ontwyk ongelooflike geleenthede net soos hierdie één… wat vinnig en dramaties ons huwelik gaan strand, Kinta.”
Genadeloos beroof die Karooson haar sin om voort te gaan met die klewende dood wat aan die twee se dors kom heg.
“Ulrich, my inherente tydshorlosie het die hede se tyd begin verloor!” al stroppelend beweeg die twee voort om die dag om te kry. Meteens loop die twee vir Gatiep raak.
“Genugtig Gatiep wat kom soek jy hier?”
“Gatiep vat my terug plaas toe!” maar Gatiep trek nie ʼn oog nie. Al wat sy dag se handeling is om vir Kinta ʼn stukkie papier te gee met die woorde. ‘Ek haal aan wat jy hier op die plaas gesê het;’ “Ulrich ek verpes jou, ek wens jy wil uit my lewe padgee. Ek kan dit nie meer verdra om jou aangesig tot aangesig aan te staar nie. Ek wens jy…”
“Nou, jou opdrag is om ʼn gat te grawe so diep as moontlik na jou begeerte. Nadat die gat gegrawe is, wil ek hê dat jy my kleinseun daarin begrawe. So is jy van hom ontslae,” haar mond haak amper uit toe sy die brief klaar gelees het.
“Wat is dit wat jou oupa van my verlang?” sy kyk verwilderd na Ulrich en dan na Gatiep.
“Ek is bevrees dat dit jou wens is Kinta!” so staar hy na haar en kan dit nie glo wat hy so pas gehoor het nie.
“Nee, maar dit kan ek nie doen nie!” sy kyk na die graaf en dan weer na Ulrich.
“Kom Kinta, jy sal dit moet doen, anders kry ons nie water nie!”
“Nee, julle is albei waansinnig. Ek kan dit nie doen nie!” sy weet nie na watter kant om te kyk nie.
“Gatiep, gaan sê vir die Grootbaas dat Kinta dit nie kan doen nie.”
“Auk my kleinnooi Kinta, as die Grootbaas gepraat het, dan het hy gepraat. Nou sê ek niks verder nie,” so staan hy daar sonder om ʼn woord verder te sê.
Die ongerepte Karoogrond is onsimpatiek en hard soos ʼn rots, langsamerhand grou sy die gat, moeitevol skep sy elke graaf vol grond. So drup nou die selfverwyt óf is dit nou ontvlugtingssweet wat die Karoogrond met graagte opslurp.
“Gatiep ek soek water,” maar geen reaksie van sy kant af nie en hy hou die hele proses dop. Die asem hyg onder die snikhete Karooson. Al wat Ulrich en Kinta nou sien, en wat nog kort… is die ergste van die ergste.
Meteens begin Gatiep te praat, “daar is altyd iets nuuts wat ons hier uit die natuur kan leer,” so kyk hy na die twee.
“Gatiep, jy sê kan leer!” die manier hoe sy na hom kyk, maak geen indruk op hom nie.
“Ja, ek sê so, wat anders het Gatiep gesê,” met geen simpatie van sy kant af nie.
“Is jy nou tevrede Gatiep,” en so klim sy uit die pasgegrawe gat uit.
“Kom kleinbaas, jy moet nou inklim!”
“Jy sê inklim!” dan wys hy na homself.
“Ja, so het Gatiep gesê,” met geen gesigsuitdrukking op sy gesig nie. So klim Ulrich in die pasgegroude gat.
“Kom kleinnooi Kinta. Nou moet jy hom begrawe!”
“Maar hy sal versmoor onder die grond se drukking!” probeer sy vir Gatiep ompraat, maar dit val op dowe ore.
“Ja, is dit nie wat jy wou gehad het nie kleinnooi? So staan hy daar om geen oog te trek nie.
“Gatiep, ons kan dit nie doen nie!”
“Nee kleinnooi Kinta, dis nie ons nie. Maar dis jy wat dit gewens het,”
“O maar julle is wreed dat ek moet voortgaan,” so skep sy onwillig elke graaf vol grond om vir Ulrich lewendig te begrawe.
“Stop asseblief, Kinta!”
“Nee kleinnooi, Gatiep sal sê wanneer om te stop”
Nou besef sy dat smeek nie meer gaan help nie. Elke skep vol grond is loodswaar op haar gemoed. Die trane begin nou vrylik te vloei, maar Gatiep staan bankvas daar.
“Goed so, Gatiep is nou te vrede. Hier is ʼn bietjie water om te drink,” so gee hy vir haar nie te veel om te drink nie. Hy ken Moedernatuur te goed wat die eindresultate sal wees.
“Hoe voel kleinbaas Ulrich nou?”
“Ek kan nie my in woorde uitdruk hoe ek dit op hierdie oomblik ervaar nie. Miskien is die temperatuur vêr oor die 35°,” hy voel benoud hoe die grond se drukking toeneem.
“Gatiep, en jy sê ons kan iets hieruit leer?” verontwaardig kyk sy na hom.
“Sê ʼn bietjie vir Gatiep. Voel kleinnooi nou tevrede om te sien hoe hy daar lê, dalk rêrig dood en gegrawe?”
“Wat verwag jy van my om te antwoord?”
“Wees net so ʼn bietjie meer positief!” met ʼn stem wat weet waarvan hy praat.
“Positief! Waar ek my bevind in ʼn avontuur van sombere gevoelens wat my kom omhels!” vrylik begin die trane weer oor haar wange vloei.
“Wees dankbaar, daar is nog iets wat jou omhels,” so staan Gatiep en wag dat sy sal erken dat sy ʼn groot fout begaan het.
“Genugtig Gatiep, dis pure hel!”
“In watter opsig kleinnooi Kinta?”
“Ek gee toe. Dis my misrabele selfsug, ek dink dit het tot ʼn einde gekom Ulrich en Gatiep,” so snik sy onverpoosd en haar trane die is droog, haar oë is bloedrooi en brand soos vuur, so bedek sy haar gesig vir ʼn stonde. Ulrich se gedagtes is nou by Kinta om hom hier uit te kry.
“Kom help my asseblief Gatiep om vir die kleinbaas hier uit te kry!” meteens besef sy dat Gatiep nie meer daar staan nie. Ulrich kry nou amper nie meer asem gehaal nie. Met mag en mening skep sy elke graaf so vinnig as wat sy kan. Nie een van die twee hou rekening met die gang van die son nie.
“Ulrich vergewe my asseblief,” soos sy grawe om hom te verlos van hierdie tydelike begrafnis.
“Ek vergewe jou my lief.”
“Nou is ek reg om huis toe te gaan my liefling,” so soen die twee mekaar met ʼn passie.
Die aand onder die stille sterre slakke pas van die nag gaan dit heelwat beter tussen hierdie twee wat mekaar onophoudelik verpes het die afgelope jare. Vinnig sit Ulrich ʼn paar stukkies hout op vir ʼn bietjie boeretroos. Hy merk iets wat sy oog vang, stadig loop hy nader om te sien wat dit kan beteken en vind ʼn briefie.
“Ultich is die koffie al klaar?”
“Kinta kyk hier! Nou weet ek dat my oupa agter die hele ding sit,” so besef hy dat hulle nie te vêr van die opstal af moet wees nie.
“So my vermoedens was reg gewees,” sy doen alles in haar vermoë om so kalm as moontlik te wees.
“Hierdie persoon kry die boodskap te vinnig hier.”
“Wie kan dit tog wees?”
“Wie anders as Gatiep!”
“So, dis hy wat die kos vir ons elke keer gebring het!” diep dink sy na oor die laaste paar dae se gebeure.
“Ek ken boesman se kind dat afstand nie ʼn faktor by hulle is nie. As ek net weet hoe kry hierdie boesman dit reg om soos mis voor die son te verdwyn,” so probeer Ulrich ʼn plan maak om hom voor te lê.
“Miskien bring oupa hom met die 4×4?”
“Nee, hy is te uitgeslape vir die witman se kind, nou besef ek iets!” en staar die vêrte in om te dink dat hy daar iets sal vind.
“Ulrich, wat staan daarin geskrywe,” met ʼn effense frons.
“Laat ek sien wat staan hier geskrywe,” gaandeweg begin hy sy kop skud.
“Ulrich, kom nou” moenie vir my sê dat daar iets soortgelyk is soos gister nie!”
“Wel hier staan geskrywe, met die volgende opdrag;” ‘Wanneer julle twee môreoggend opstaan dan wil ek hê dat julle twee afsonderlik ʼn inventaris van julle lewe moet neem.”
“Wat bedoel jou oupa met dit?” en kyk hom aan vir ʼn antwoord.
“Kom ons kyk wat is daar om die liggaam te versterk vir die nag,” stadig maak hy die sak oop wat nie te vêr van die briefie af is nie.
“Is daar darem iets om te eet, Ulrich?”
“Ja, dit lyk vir my so,” en hy wys dit vir haar.
“Jip jip, dit sal nou lekker smaak!” so verslind die twee alles en dink nie daaraan om iets vir die dag van môre oor te hou nie. So bring die twee die nag deur sonder enige voorval.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak