Kinta .
Hoofstuk een.
Kinta is een van daardie meisies wat haar nie deur jong bulletjies laat ophou nie. Van kleins af hou sy haar besig met haar eie gedagtes, wat vir die teenoorgestelde geslag nie sin maak hoekom so ʼn mooi meisie nie in hulle belangstel nie. Sy doen soos gewoonlik haar winkel inkopies op ʼn Saterdag, meteens loop sy haar tromp-op vas teen ʼn vorstelike jong man. Sy doen alles in haar vermoë om net uit die pad te kom, om enige kontak met die man te wil hê. Daar op die kampus leef sy net vir haar studies en haar eie menswees-wêreld, minwetend dat hierdie jong man in dieselfde Universiteit studeer as sy. Tot eendag… skielik voel sy iets aan. Iemand maak sy keel skoon. Al wie wil gehoor gee is Kinta, dat daar iets is wat nie so mooi strook met haar onmiddellike omgewing nie. So gou as wat sy by die klas instap…, ontmoet sy weer daardie sogenaamde vriendelike woorde. Kinta groet uit ordentlikheid sonder om te kyk vanwaar die stem kom. Tog is daar iets wat haar nuuskierigheid prikkel. Sal sy wil toegee om te wil sien aan wie behoort hierdie vriendelike manstem? Om seker te maak kyk sy tog, maar met geen bybedoeling, vanwaar die stem vandaan kom, almal het al hul sit gekry…
Kinta word begroet deur ʼn massiewe vertoning van vermaak en nou kry sy nie die regte woorde om van die mede-studente se opmerkings te beskryf nie. Dit kan net een ding beteken… Sommige mans wil nie die geleentheid deur hul vingers laat glip nie, anders is dit neusie verby dat hierdie spesifieke skonergeslag weer in hul rigting sal kyk, die hart ken geen keer van hierdie nuwe aspirant vrypostige nie. “Hier kom nou ʼn ding wat kon gebly het…” dink Kinta by haarself.
Dit is die tyd van die jaar dat baie studente hulle lewe herevalueer en veranderinge aan hul toekoms wil bewerk. Meteens deel sy die man mee: “As jy op soek is na ʼn goedkoop manier om jou besig te hou, dan moet jy na iemand anders gaan soek.” Almal se oë is nou op haar gerig.
“Ek het net jou naam gevra,” wys hy vermakerig na almal wat daar sit.
“En vir dié van julle wat reeds weet en nie weet nie…,” daar heers ʼn doodse stilte in die lokaal, “ek stel geensins belang in mans nie. Daar is baie nuwe prinsesse vir die sogenaamde koning-kies op die kampus.” Die dosent probeer orde herstel in die klas, maar tevergeefs…
Dis geen verrassing nie, ʼn woorde oorlog het uitgebreek onder die studente, vir sommiges verskaf dit die ene genot. Op groot skaal word daar meegeding vir sy eie opinie en woorde, baie het ʼn lae profiel gehandhaaf. Kinta het gesien hoe sommige se humeure hier skuins voor die eindeksamens opvlam.
Die eindeksamens is ook al op hande en die nuwe jaar is nie vêr agter nie. Vir sommige studente lyk dit nie so goed nie, daar is skielik baie studente wat nou graag met haar wil vriende raak.
“Goeiemôre Kinta… kan ek hier by jou sit,” vra sy dit so half verleë.
“Goeiemôre Salomie, waarmee kan ek jou help?” gelukkig ken sy die soort wat deur die jaar jolyt najaag.
Dan ewe skielik flikflooi hiérdie soort vir simpatie dat iemand hulle sal help om saam te studeer om hul bas te red indien daar nog iets te rede is vir die finale stryd, “ek het gewonder of ek saam met jou kan studeer?”
“Haai Salomie, ek is nie ʼn goeie studeermaat nie,” sy is nie eintlik lus om na haar kant toe te kyk nie.
“Ek het net gewonder of jy sal belangstel?” ten spyte van wat sy so pas gehoor het, probeer sy weer ʼn keer.
“Ek glo nie dit sal werk nie,” probeer sy vir Salomie afsit.
“Gee my ʼn kans,” sy weet dat haar kans al hoe skraler word om iemand te vind om haar te help.
“Dis nie dat ek jou nie wil help nie, dis net dat ek baie vroeg opstaan en ek studeer met my radio aan,” sy weet dat hierdie verskoning baie van hulle afsit.
“So dan wil jy my nie help nie!” nou weet sy dat Kinta ook maar net nog een van daardie soort is wat dink dat sy beter is as almal.
“Goed, wat sal jou rede wees dat ek jou moet help Salomie?”
“Vergeet dit… ek weet nou dat ek my asem ook hier kom verspil het,” verergd loop sy daar weg.
“Salomie voordat jy wegstap…”
“Ek het niks om verder te sê nie,” vir ʼn wyle aarsel sy of sy moet loop of nie.
“Wél ek het iets wat op my hart lê… wat ek graag wil deel met iemand soos jy,” ferm is haar blik op Salomie gerig.
“Maak net gou, ek het nie heeldag tyd om hier rond te staan nie,” gooi sy haar heup soos wip-gat-mier met haar een hand daarop.
“Dis presies wat ek vir jou wil sê; jou houding staan my nie aan nie. Jy dink dat ons almal na jou pype moet staan en dans…”
“Dis wat jy sê!”
“Wel hiérdie poppie dans na niemand se pype nie, dis al wat ek op die hart het,” so bepaal sy haar weer by die boeke.
“Weet jy wat is die probleem…” sy bedink haarself, “laat ek liewers stilbly,” so verlaat sy vir Kinta.
“Goeie dag vir jou Salomie.”
Iemand maak keel skoon om haar aandag te trek, maar Kinta reageer nie daarop nie. Weer probeer die persoon om haar aandag te kry, maar nog steeds is haar aandag gevestig by haar studies.
“Goeiedag jonge dame,” so staan hy daar en verkyk hom aan hierdie mede-student wat nie graag met hom wil praat nie.
“Goeiedag meneer,” sy loer vinnig om te wil sien wie dit is, maar reageer nie verder op sy teenwoordigheid nie.
Vir ʼn wyle staan hy net daar sonder om enige iets verder te sê. Kinta raak so effens geïrreteerd met sy stil stuipe. Sy sak haar boek vir ʼn oomblik en kyk of hy nog hier naby staan.
“Waarmee kan ek jou help?”
“Ek’s jammer om jou te pla,” nog steeds het hy nie ʼn voet verroer nie.
“Soek jy ook ʼn studeermaat?” sonder dat sy haar blik van hom verwyder het.
“Ja en nee. Ek studeer graag op my eie dankie,” nog steeds staan hy daar soos toe hy die eerste keer daar gekom het.
“Nou verstaan ek nie so mooi nie,” met ʼn frons op haar voorkop.
“Om die eerlike waarheid te sê, ek wil nie voorbarig klink nie…”
“Wat pla jy dan?”
“Moet my nie verkeerd verstaan nie.”
“Ek luister,” onwillikeurig soek haar oë die boeke op.
“Jy weet, ek het so lekker gekry toe jy nie toegegee het nie.”
“Ek verstaan nie so mooi nie, jy sal moet help,” ondervragend kyk sy na hom.
“Ek bedoel, jy het vir Salomie op haar plek gesit, nie dat ek wou afluister nie, ek was per toeval in die omgewing.”
“Jy weet Ulrich, ek verstaan nie hoekom ons paaie so gereeld kruis nie,” sy skud net haar kop.
“Noudat jy dit noem, begin ek ook wonder.”
“Wil jy nie sit nie?” en wys hom dat hy mag.
“Ek wil jou nie pla soos ek alreeds gesê het nie,” en tree so effens nader.
“Nee, geensins nie. Gaan jy dan nie sit nie?” en wys weer ʼn keer.
“Dankie dat ek hier mag sit,” hy weet dat hy môre die middelpunt van bespreking gaan wees, maar dit gaan nie meer by hom saak maak nie.
“Kom vertel my so ʼn bietjie van jouself,” sy besef dat hy ook maar net ʼn gewone mens is soos enige ander een hier op die kampus. So is die ys gebreek tussen hierdie twee.
Vroeg in hul verhouding het oupa Hubert vir Kinta en Ulrich genooi om daar te kom ontspan op daardie ontsaglike Karooplaas. Vroeg uit die verre, nog voordat die dou op die gras kom lê, is Ulrich oppad na Kinta se ouerhuis om haar daar op te laai.
“Goeiemôre Kinta is jy reg vir die lang pad?”
“Goeiemôre Ulrich, ja ek sal graag jou oupa en ouma wil ontmoet,” so omhels die twee mekaar eers en deel daardie verliefheidsoentjies uit wat ʼn intieme impak op Kinta maak. Na ongeveer tien minute vertrek die twee uit die Moederstad en vat die N1 op die pad na daar waar Kinta nog net van gehoor en gedroom het. Nie lank daarna draai Ulrich links op die nommer 7 nasionale pad. Soos die twee al verder van die stad af wegry, kan sy haar nie indink hoe hierdie ongetemde valktes daar sal uitsien nie. Soos die tyd op sy eie slakkepas aantik sien sy hoe die geploegde lande lê en wag dat die boere die saad moet kom saai. Net so ook lê die onaangeraakte Kaapse vlaktes onder die groen bedekte veld waar reën so mildelik uit die hemel neerdaal. Die vroeë oggendbriesie lê te na aan die vel om die karretjie se dak af te slaan. Die wiele van die sportmotortjie verslind die een kilometer na die ander een en so ook hul eie gedagtes wat poog om die minute om te kry.
Meteens roep Kinta uit van verbasing dat Ulrich hom oor ʼn mik skrik, “Ulrich kyk daardie ruwe heuwels, hoe geïsoleerd staan hulle so trots uit op die goue vlaktes van die Geknelde land óf is dit nou die Rigtersveld!”
“Dit is hier waar soveel volkstories die lig gesien het, hoe die bittereinders hier hul weg gebaan het vir ʼn nuwe bestaan.” Dis waarna Ulrich gesoek het om van sy eie gedagtes af weg te kom. Land en sand gesels hierdie twee verliefdes en bewonder die natuurskoon wat eie aan hierdie wêreld is. Ulrich is in eie reg ʼn baie goeie storie verteller en dit help dat die pad nie so lank en eentonig moet wees nie.
“Jy weet Kinta, baie mense vermy hierdie geweste oor sy godverlate plekke wat soos ʼn ewigheid voel. Dan praat ʼn mens ook nie eens van die ongenaakbare hittegolwe wat jou verstand staan en gaar kook nie.”
“Ek vind niks fout nie, vir my is dit ʼn nuwe ervaring.”
“Baie het ook al gesê dat die Skepper se hand nie meer saad oorgehad het soos byvoorbeeld oppad na die Knysna woud nie.”
“Maar tog is daar iets aan hierdie wêreld wat die mens nie oor uitgepraat kan raak nie, Ulrich.”
“Ja dit is met reg waar wat jy daar sê,” so verkyk sy haar aan die eens ongetemde vlaktes.
Nog voordat hulle hul oë kon uitvee, stop hulle op Malmesbury, net vir ʼn wyle om iets te koop om die keel nat te maak en ʼn dingetjie of twee om die honger te stil op die pad wat nog voorlê.
“Kinta help my gou dan slaan ons die dakkie af!”
“Kan ek net eers die goedjies in die sedan sit?” In ʼn jap-trap is die dak van die sportmotor sorgvuldig opgevou in sy plek en die veiligheidsgordels word ingehaak. Nou val die twee weer in die pad vir Kinta se eerste ontmoeting met Ulrich se oupa en ouma. Vir die sportmotor is dit geen probleem om op dreef te kom nie. Kinta is nou in haar sewende hemel waar die soel windjie deur haar hare waai. Maar daar is altyd ʼn vlieg in die salf, nou kan hulle mekaar skaars hoor, want die wind wil ook ʼn laaste sê hê.
“Ek kan nie so mooi hoor wat jy sê nie. Die wind waai die woorde effens deurmekaar nog voordat enige iemand iets kan hoor.”
“Dan moet ek stop en die dakkie terugslaan.”
“Nee dis sal die dag wees,” sy lê haar kop op Ulrich se skouer.
“Goed, soos jy verkies.”
“Ek wil nie jou dag bederf nie.”
“Nee dis nie wat ek bedoel het nie,” en dan kyk hy vir haar en gee haar ʼn piksoentjie op die die voorkop, maar Kinta is nie daarmee te vrede nie sy wil meer as net ʼn soen op die voorkop hê. Vinnig besef die twee as dit so aangaan is albei nou-nou stom geskreeu.
“Ulrich ʼn mens kan nou nie eintlik sê van waar die natuur so vinnig van kleur verander het nie, maar in elk geval dis iets om van te droom.”
“Ja, van hier af lê die uitgestrekte natuur ongerep so vêr en wyd as wat die oog kan sien.”
“Ek moet sê, ek hou hiervan,”die stembande wil nie meer die woorde dra nie.
Hoe nader die Karooson na die hemel koepel toe verskuif hoe nader kom Moorreesburg ook in sig.
“Wil jy hê ek moet iewers stop.”
“Nee dankie ek is nog reg.”
“Wel, nou’s dit die volgende skof na Piketberg…”
“Dit kink so mooi vir my,” sy wonder so by haarself of die plek ook so mooi is, as wat die naam op haar oor val.
“Kinta daar in daardie geweste kry ons die gesogde rooibostee.”
“Dan moet ons daar stop dat ek vir my daar vars rooibostee kan koop.”
“Ek sal so maak, maar ek weet nie of ons dit daar in sy natuurlike vorm gaan kry nie.”
“Ons moet maar net daar stop en vir die mense daar vra.”
Vir haar as stadsmeisie kan sy nooit genoeg kry van hierdie onbesoedelde Karoo se natuur. Hier leef die mense na aan hul Skepper wat ook weet hoe naby hierdie mense aan die natuur leef, met hul eie kenmerkende deursettingsvermoë en nooit kla aan Sy Voorsienigheid nie. Voordat Kinta weer besef, deel Ulrich haar mee dat hulle nou by sy oupa se plaas is.
“Goeiemôre Oupa en Ouma, dis nou die beeldskone Kinta wat my hart verower het.”
“Goeiemôre Ulrich en Kinta. Is dit nou jou meisie? Jy is meer as welkom hier by ons op die plaas Kinta. Het julle twee goed gery?” Daar is altyd blydskap op die plaas wanneer daar twee of meer mense vir die twee onverbiddelike oumensies kom kuier. Wag ek het my verspreek, as Ulrich se oupa my nou hoor dan kan ek ook nie die verhaal verder skryf nie. Hoe het hy dit eenkeer aan my gestel?
‘Mense is net soos gras. Deur sonskyn en saffier kom ook tye van swaarkry, dan vergrys jy soos die tyd aanstap in die kortstondigheid van menswees.’
“Ja dankie, ons het so ʼn bietjie reën op die pad gehad maar nie om oor huis toe te skryf nie.”
Dit vat nie lank nie, of Ulrich se oupa en ouma het baie lief geword vir Kinta. Op die plaas Kroon-beloftes word daar selde in die huis geëet, want daar’s die mees moderne braaigeriewe op die plaas. Hierdie oumatjie weet hoe om mense se harte week te maak en te laat lag.
“Ja Kinta, hierdie is maar ʼn wêreld met sy eie uitdagings. Die reën is so skaars soos hoedertande.”
“Gelukkig ken ons hierdie soort lewe, net die geharde wilskrag mense oorleef hier, soos oupa en ouma.”
“Ons ken geen ander wêreld as net hierdie een, ou seun.”
“Ja, Pa het al probeer om vir julle twee ʼn plek in die dorp te kry, maar min.”
“Jou pa is te lig in die broek om ons na daardie voortydelike begraafplaas te verban.”
“Ai, ek het dit nie so bedoel nie, Oupa,” verleë kyk hy na hierdie twee ou mensies met hul eie geaardheid.
“Wat het jy dan bedoel?” oupa Hubert is glad nie skaam om enige iemand te vertel wat hy dink nie.
“Oupa weet wat ek bedoel, dis net…”
“Laat jou oupatjie vir jou iets vertel,” staar hy meteens na daar waar net sy gedagtes met hom redekawel.
“Ek wag inspanning om te hoor wat het oupa op die hart,” al soekend na Kinta se hand vir so ʼn bietjie onderskraging.
“Waar was ek nou weer. O daar waar… kyk, al het die lewe my hoe hard behandel, staan ek vir geen oomblik vir jou of jou pa terug nie,” met gemak wys hy met sy hand na die plaas en sy ontwikkeling.
“Ek het nog altyd my verkyk hoe Oupa se spiere, óf is dit nou senings wat gebrei is oor die jare, styf gesnaar is oor Oupa se heuwelnek.”
“Ulrich is jy seker dit is die regte woord en nie nekspiere nie,” met ʼn frons op haar voorkop.
“Kinta nee, my oupa het nie skouers soos ʼn gewone mens nie. Ek noem dit… ag Oupa, help my om die regte woord te kry,” weereens verleë oor sy woorde wat vandag so te kort skiet.
“Aha, dan gaan jy darem met oop oë deur die lewe,” slurp hy die laaste bietjie wyn uit die glas.
“Mag ek dit sien Oupa?” vra Kinta met ʼn onskuldige innerlike stemmetjie.
“Nee Kinta, dit is net vir een vrou se oë bedoel,” met ondeunde oë kyk hy na sy beminde vroutjie wat vir soveel jare deur dik en dun by hom gestaan het.
Oupa Hubert het dit as sy plig gevoel om die twee iets te leer van die lewe, wanneer die dag aanbreek vir daardie aan-mekaar-heg beloftes soos hy dit noem.
“Kinta en Ulrich, kom sit so ʼn bietjie nader dat ek julle twee onder hande kan kry,” sê hy met ʼn simpatieke stem en beduie vir die twee wat hul lewe wil samesluit.
“Is daar iets fout Oupa?” Ulrich weet uit ervaring wanneer hy so praat dan is dit tot jou eie voordeel om te luister wat hy op sy hart dra.
“Daar is baie verskillende redes hoekom ʼn paartjie wil trou. Byvoorbeeld, sommiges is opsoek na ʼn betroubare maat, ander om nie alleen deur die lewe te gaan nie. Uiteindelik is almal opsoek na daardie spesiale oomblikke… Maar hoe kry ons daardie duidelike interpretasie van liefde?” meteens stop hy om verder te praat, net om seker te maak dat sy aanhoorders se gedagtes hier tussen hulle is.
“Ek sal graag wil hoor Oupa,” met afwagting sit Kinta daar langs hom.
“Oupa noem vir ons twee, een van daardie gewilde metode om ʼn meisie se hand te vra na ware liefde.”
“Ulrich wanneer iemand na ʼn nie-gewilde meisie kyk, beteken dit nie dat sy sonder liefde is nie,” met geen bybedoelings kyk hy na Kinta.
“Ek het soms net gewonder hoekom…” net so vinnig as wat hy begin praat het, so het hy sy eie woorde gesluk.
“Liefde is nie perde koop en om dan ʼn verwagte relatiewe liefde te verkry nie.”
“Natuurlik, Oupa!”
“Daar is baie redes en nogmaals baie vrae voordat iemand so ʼn gewigtige stap in die lewe neem.”
“Soos watse vrae, Oupa?” so tussen deur die lewenslesse van sy oupa se kant af, gee hy vir Kinta sulke ligte handdrukkies.
“So, elkeen van julle twee moet bepaal waar die waarde van liefde lê om in te belê in die nie te vêrre toekoms.”
“Baie dankie vir hierdie waardevolle lesse oor liefde Oupa,” met deernis kyk hy na sy oupa en ouma wat vir hom as kind en nog steeds die rolmodel in sy lewe is.
“Kinta kan ek jou vra; is jy lief vir my kleinseun?”
Vir ʼn wyle kyk sy na Ulrich se grootouers voor sy haar liefde verklaar, “ja ek is baie lief vir hom,” om dit te bevestig soen sy hom net daar en dan. Ulrich se hart klop pure geluk soos sy hom soen, so besef hy dat sy dit opreg bedoel.
“Ulrich ek het niks van jou gehoor nie,” berispe sy oupa hom.
“Natuurlik het ek haar lief soos my eie liggaam,” stadig staan hy op en gee haar ʼn drukkie om sy liefde aan haar te bewys. Daardie aand lê al twee verliefdes en droom dat hul lewe so gelukkig sal wees soos hierdie twee verliefde veterane wat al die lewenstorme oorleef het.
Die volgende oggend word daar nie veel gesels nie en die tyd het aangebreek dat Ulrich en Kinta moet groet. Die pad terug Kaap toe is nie net om die draai nie.
“Oupa en Ouma dit was weereens lekker gewees om hier te kon kuier soos altyd.” Kinta kry omtrent nie ʼn woord uit nie.
“Dan sê ons maar totsiens vir julle twee en ry veilig,” swaar word daar afskeid geneem.
“Totsiens Ouma en Oupa, dit was vir my lekker gewees om julle te kon ontmoet,” alhoewel sy hulle so pas ontmoet het lê die trane ook vlak in haar oë.
“Mooi ry julle twee en laat weet as julle veilig daar aangekom het!”
“Ons maak so!” gaandeweg versink die opstal in die vêrte weg en sweef die stofwolk agter die sportmotortjie die niet in.
So word elke jongmeisie en jongman se drome bewaarheid, waar die twee voor die kansel staan om aan mekaar die eed af te lê dat hulle altyd as man en vrou sal saam lewe. Vroeg in hul huwelik verlang Kinta na haar eie kinders en is geseën met die wonderlikste seun en dogter. Soos die jare ook aanskuif is daar geen waarborg dat die huwelik sonder groeipyne gaan bly nie.
6 Kommentare
-
-
Ronel Janse van Vuuren
Werklik geniet. Dalk net dat Ulrich homself aan haar voorstel voordat die storie aanbeweeg na die twee verliefdes wat vir sy oupa en ouma gaan kuier?
-
Anze
lekker gelees dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
ai Arnold hierdie is n pragtige storie wat ek intens geniet het