Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Klassieke Ewewig

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 3 Maart 2020 Aantal woorde: 65 175 Kere gelees 5

Sit vlak, koffie warm
verskans in leer
teen wit gerypte gebrande gras
vertrap, gekou
in armoede.

Plaaslike talent voer
Mozart, Hayden…
in suiwer klanke uit
omvou in warmte.

Soweto bladmusiek verrook
speel hier en daar
in ń konka vuur,
om in die dowe konsert
van koue hande
pas te hou.

Geen ewewig in
suiwer klanke sonder bloed
verdoof musiek
vermeng meer
sagte orkes en
mense bloed.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 553
Kommentaar telling: 81

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 128 gaste aanlyn

Bydraes – Argief