
KLEINSKRIF DINGE
ek het die lewenslange huurkontrak met my hart onderteken
maar die kleinskrif dinge lê nog onbereken
terwyl ek besef tyd hardloop vir my uit
is dit die waarmee ek en my hart stry,
tyd om saam jou jonk te wees
tyd om saam jou dronk te wees
verlief te wees
(tyd saam jou)
as jy deur die voorportaal van my hart loop
ken elke emosie (hulle) almal jou by die naam
verwelkom jou met rose,
sjampanje en
ʼn wegstekende traan
(daar loop ‘n derde persoon agter my aan)
was die tik op die rug daar om my te herinner
dat die kleinskrif dinge my aan jou hinder
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth
Ek hou hiervan Vlooi. Pragtig uitgebeeld. Lekker om jou gedigte weer raak te lees!