Knipoog hy tot die môrestond.
O, die jonge brandwag met sy staal
bo-oor die dieptes van sonnestraal
waar die kranse sy boesem ontbloot
wys hy na die geheimsinnigheid so groot.
Treurig in skraal koue verlate
hoe wyd is onse Heer se genade
o, hoe treurig besing die kranse die westewind
dis waar hy hom bevind.
In die nanag met sy brandwag
knipoog hy tot die môrestond
is die lig bespat in kleure bont.
Wat sal wees die spys van die dag?
Ja, die nagtelike kombers was die dou
die sagte sonnestraal laat dou op lippe verdamp
dis die uitspansel oor ver verre rante blou
daar is niks wat die Booochoom kan demp.
Booochoom Booochom!
25 Junie 1975.
4 Kommentare
-
Elizabeth Greef
Boggom, kees se kind! jou natuurlandskap is 'n pragtige palet!
-
neels
arnold dit is n prag beskrywing
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hoe pragtig beskryf jy hierdie Bobbejaan!