Jongste aktiwiteit:

Kom besprinkel die môre lug.

Stortvloed van vars lug
deurweek jy my brose siel
jy’s die karnallie in my buurt

die skoonheid van geel roos
jou welriekende aroma
kom besprinkel die môre lug

met stem en kitaar in hand
ons vrolikheid in helder lug
jou roosblare van hoop
stort jy jou liefdeslied

lieflike betowering van siters
nostalgie van die rooi dagbreek
vriend van ons omgewing
sonder afstand om te vergeet.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed