Jongste aktiwiteit:

KOM ONS DRA MEKAAR

Ek abba vanoggend die wat ek liefhet tot by Jesus se voete. As ek bid en die name strompel oor my lippe weet ek dat God trane ook verstaan.
Ek huiwer as ek my gebed in trane vertel.
“Here net U weet wat in my hart aangaan. Dis net ek lollie wat vroegdag aan U deur klop om dankie te sê dat ek nooit weer hoef alleen te loop. Jesus U genees my gelapte hart, U het my skeefgetrapte skoene laat wandel in n samaritaan pad. My lofprysing is die voëltjies se melodie want ons kyk nie op mekaar neer nie. Here ek wil nes n mossie die geloof van n arend hê dat ek my vlerke kan sprei en in geloof weet ek , ek kom niks kort nie. Dan dra ek my ,geliefdes by naam tot by U waar waters en rus is en ek sê dankie my Vader dat ons vir mekaar kan bid, Amen.”




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed