Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kombi

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 19 Oktober 2021 Aantal woorde: 65 130 Kere gelees 1

in stad bloedvatte
vloei strome selle
rooi wit en tussen in
styf ingeblik
gerandsteen

binne soek
selle na werk
skel oor harde taak
staar doodstil na selfoon beeld
op die saam ry rit

skielik skree skywe
sitvlakke skuif reg
die stadslug spoel
onverwag koud deur
kombi deur

dan versnel alles
die donkerbril baas
by werk, agter stuurwiel
trap die koppelaar
sit die besigheid
in rat




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 567
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 340 gaste aanlyn

Bydraes – Argief