
Kommunikasie
vibrasies spoed oor henings
in raadsale, toilet vierkant
golwe in die lug wat
spoel oor siele.
skinder in glowe
is etter ongegrendel
sonder enige voorskrifte
vir salf teen die seer.
gesels is ń voorskot
teen eie self ontbloot
praat oor alles maar
geen eie kommetaar.
harde baklei klanke
verdoof beter wete
van eie en ander
se wyshede.
luister is wysheid
wat motivering, waarheid
agter vibrasie skuilings
uit haal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.