Jongste aktiwiteit:

Kreukels

Ons harte praat nie meer
die spasies tussen jou woorde
en my sinne het verweer
vergestalt in leë akkoorde

gepaarde rym en omarmde rym het verdwyn
gekruisde rym en gebroke rym het verskyn

ek voel nog wanneer jou hart klop
maar jou oë is soos ’n leë dop

naïef sê ek nog vir myself:
“The soul has been given its own ears
to hear things mind does not understand” *

maar
die dolosse van beskerming
teen die aanslae van die lewe
het vir ons deurmekaar geval

realiteit dig nou ons verhaal
in ’n vreemde taal

wat daar eens was
is nou net kreukels
in die spore van die wind …
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)
(*Slagspreuk van bekende Persiese digter, Rumi)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed