Jongste aktiwiteit:

Kruie tee Woorde 381

Kruie tee

*

Die stormwind stuif oor dorheid van die afgeweide veld. Die beginjare in hierdie nuwe tuiste, was die nuwe immigrante baie goedgesind gewees, met volop weiding vir hul beeste en skape. Nou is daar g’n spasie tussen die alewige stofbank poeier om ordentlik asem te haal.

Dit is net Claudine en haar man wat nog op die plaas aan ploeter. Vir die afgelope tien jaar kan sy nie meer hierdie versengende hitte en droogte hanteer nie. Haar menswees word stukkie vir stukkie op die proef gestel. Sy wil terug na haar heimat, daar kan sy ten minste lewe tussen haar eie mense en kultuur; daar waar hul kinders nou is.

Amper, in elke aspek van die lewe se oorspronklikheid het, deur die jare, is ʼn radikale vorm aangeneem om iets permanent verloor. Sy voel letterlik hoe haar geluk in skerwe op die vlug slaan. Sy moes menige male aanhoor: Hoe kan jy iets verloor as jy nie eens daarvan kennis dra, of dit besit het nie? Sy weet gewis dat haar fleur jare ook by die beginpunt moes floreer, net soos daardie amandelboom floreer. Sy betrag die amandelboom voor haar en sien hoe sy delikate kleur die harde grond versier, dat die lewe nie so ongenaakbaar om hom lyk.

Claudine maak haar berekeninge, sy gaan nie soos daardie boom alles oorboord gooi en sien hoe alles voor haar oë gedaan lê. Sy het alles gedoen om haar lewe te beleër deur elke moontlike aanval te beheer. Kan tyd die enigste kruie tee wees om haar omstandighede te verander?

In haar fleur jare het sy nooit gedink aan die dag van môre, dat geletterdheid eendag aan haar voordeur gaan staan en klop. Sy was te smoorverlief gewees om verder te studeer … wat staan haar nou te doen? Haar eens verdedigingstegnieke kon nie meer teen die nuwe lewensverwagtinge die mas opkom nie. Oneerlikheid het die nuwe norm geword om iewers te kom, alles wat rein was, is nou tot euwel in die lewe verklaar. Sy het haar self voorgeneem; soos ʼn mens voorwerpe beslaan met goud of silwer, so gaan sy haar lewe nou beletter met elke woord in die woordeboek. Dalk net dalk lê die sukses in … tyd is die enigste kruie tee om haar weer op die been te kry.

*

©Arnold

8 Mei 2024 om 9:37




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed