Jongste aktiwiteit:

Lambada – verbode dans van die liefde (Opdrag 7)

Ritmies die dans in die smeulende nag
op maat van die spaanse kitare
bruisend die bloed deur hul are
uitlokkend haar heupe, haar lag
wulps die lambada, maar haar oë sag
soos die lig van die vuur op haar hare
meesleurend die klank van die snare
wat saam met die passie sterf in die nag…
Verbrand nou die hartstog, die vuur
al wat oorbly, die as en die skyn
nooit weer ‘n dans, weer ‘n kans
verlore die wysie in die na-nag se uur
slegs die vloeiende pyn soos satyn
– verbode die liefde se dans

©Estelle Rubow
20/08/2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed