Speelmaats (SILWER) Die Karooson soek skamper na maats wat wil speel want die donker donderwolke het hom dae lank verveel. Kyk, sy strale lok ons skaamskelm na buit’ en die grondpad modder goud voor ons uit. Daar wag ietsie int’ressant om elke draai wat nou skoongewas in sonlig baai. Ek hou jou […]
Geamputeerd (BRONS) Dis laataand en ek voel besonders vergenoegd. Ek het pas ‘n spertyd gehaal met nog 53 minute grasie. Waarskynlik ‘n eie ‘persoonlik beste’ soos die drawwers sou sê, siende ek dikwels oor my werk aan die slaap raak en dan maar later krisisbestuur moet toepas. Met al die ekstra tyd tot my […]
Dassekas (SILWER) Dis koue blou strepe wat skeef lê oor die das wat jy gedra het toe ons nog in pas saam dinge gedoen het. Tussendeur het skelrooi seer opgevou gelê in laaie van onthou want jy’t gesê dit sal als reg wees. Maar die spierwit witte se herinnering wurg wankelende geloof in die Liturg […]
Oor beurtkrag, begrotings en berusting (SILWER) My seun, die tweedehandse tas se kerswaskol het vir Ma mid-skrop skielik berusting gebring: dié tas is straks oud maar jóú kanse is nuut en voor ons het ánder ontberinge die hoof gebied (al moes huiswerk moontlik in kerslig geskied). Ook jý sal anderkant steeds heel uitkom … en […]
Stilte by ‘n swemparty (Catrien se KPR – vir Catrien, Marlene, Dorinda en Chantelle) Die blou van onse hemel het in jou oë en lippe gelê en in elke omstander wemel hul ongeloof ongesê. ‘n Moeder wat roep: “O, genade! Help haar!” En voor hoop leweloos wegsink kom ‘n roggel en ‘n skree want […]
Transkribeerder Alleen in die donkernag vind sy die stilte waarna sy smag. Drie verpligtingtjies op een bedjie sag sal in droomland kommervry skaterlag. Die hoftaal draal grof en gru en gutteraal. Kras en kru klink die klankbaanverhaal waarvoor hul R8,50 ‘n bladsy betaal. En so haal sy maandeliks net-net die paal (sy stroop […]
Transkribeerder Alleen in die donkernag vind sy die stilte waarna sy smag. Drie verpligtingtjies op een bedjie sag sal in droomland kommervry skaterlag. Die hoftaal draal grof en gru en gutteraal. Kras en kru klink die klankbaanverhaal waarvoor hul R8,50 ‘n bladsy betaal. En so haal sy maandeliks net-net die paal (sy stroop […]