‘N MOEDER EN HAAR SEUN
wag asb.
As ek jou deugde nou moet plaas in orde van belangrikheid – waar sou ek tog begin? Jou liefde laat my net nie los. Dis sterker as die dood. Aanvaarding – altyd is ek goed genoeg. Jy luister onbeperk – ‘n seldsaam’ deug! Jou deernis raak my hart aan; ja, jy voel my leed. Jy […]
IN DIE VOETPAD In die voetpad loop ek – dorings maak my seer. ‘n Hand haal dorings uit, ‘n sagte hand. ‘Seblief, drá my hierdeur….!
Ou boompie skeef, wat staan jy só? Jy moet mos groei na bo? Hoe hét jy tog so skeef gekom? Die wind, die wind, dis al wat ek kan dink. Die wind het jou so skuins gedruk, maar vrugte kan ons steeds nog van jou pluk. My vriend, die lewe het jou skuins gedruk, maar […]
Een nag word ek met ‘n skok wakker toe Koos met ‘n slag van die bed af val, sonder om te besef dat hy al die komberse van my afgeruk het. Ek leun oor na die man daar op die vloer en vra: En nou….? Van pure verslaentheid kan hy nie dadelik antwoord nie. Toe […]
KOSMOS Die weelde in jou arms oorweldig my – oorvloedig, soos jou minsaamheid. Dis kosmos – lenteblomme in die herfs. Jy is vir my ‘n kosmosblom. In die winter van my eensaamheid word jy na my gestuur.
SOMER OP BLOUKOP hoe broosroos die oggend hoe uitbundiggroen die middag hoe tevredeblou die aand
BLOM VAN DIE VELD O blommetjie vol eenvoud, sê my tog: Hoe is dit moontlik dat jy my so bly kan maak? ‘n Voëltjie wip kordaat hier op ‘n klip: Weet jy dan nie? Verstaan jy nie? Dis omdat God in haar gesien kan word.