Jongste aktiwiteit:

Breekhart en eensaam …

terwyl jy na my gesig kyk en dink dat jy die boodskap in my oë verstaan drup die trane uit my siel wat breekhart en eensaam v-e-r-f-l-e-n-t-e-r voor jou staan ©desiréé 08.01.2016

Read More

Hoe sal jy ooit? …

ek waai my arms en roep jou naam kyk tog na my hier waar ek staan maar jy bly doof en siende blind dis toe dat ek die waarheid vind … as jy nie eers my woorde verstaan nie hoe sal jy ooit my stiltes verstaan? 12.01.2019

Read More

Al wag nodig is …

party sê dis liefde wat gevoel versmoor en soms ook die lem wat harte vermoor maar vir ander is dit ‘n honger wat die wande binne verskeur en liefde is al wat nodig is om ‘n hart weer kos te gee ‘n saadjie word ‘n roosknop wat groei uit liefde bestee dis die hart wat […]

Read More

Afgevalle roosboomblare …

in afgevalle roosboomblare lê alleenheid afgeëts niemand wat hul geur meer inasem of hul mooiheid in woorde skets soos die afgevalle roosboomblare voel my menswees sonder jou geen warm liefde wat oor my straal of sagte hande wat my hart omvou © borrels

Read More

Wie sou? …

wie sou jou hand kon vashou en prentjies daarin skryf as dit ysig koud is hitte soek teen jou warm lyf wie sou vir ‘n drukkie vra elke minuut van die dag woorde van liefde met jou praat al is dit laat in die nag wie sou hul arms om jou sit om jou baie […]

Read More

Dialoog (HELP!!) …

Hallo julle Ek het dringend (vandag nog) ‘n dialoog nodig wat twee hoërskool dogters kan voordra. Daar is nie ‘n spesifieke tema nie. Is daar dalk enigiemand wat op sulke kort kennisgewing dalk ‘n dialoog êrens in hulle argiewe het wat ek kan gebruik? As jy dalk het, epos my assegrootasseblief (borrels47@gmail.com) Baie dankie!

Read More

Hou die dagboek op datum …

mallemeule…rondomtalie dinge deurmekaar in my kop hou maar die dagboek op datum ek kry dit nie gestop pak die skool se kosblikke moenie nasorg vergeet onthou die hanswors-pak dis mos klaar gemeet onthou die gimnastiek klere sit dit alles in jou sak vat die veldskool vorm saam ek het my handtekening daar geplak onthou vanaand […]

Read More

My dagboek oor jou (6) …

My dagboek oor jou (5) … Iemand sê gister: “Dink jy nie dis tyd dat jy nou aanbeweeg nie?” Hoe ondeurdag. Hoe bitterlik onvanpas. Hoe onnadenkend kan mense wees. As “aanbeweeg” ‘n opsie was, sou ek dit nie lankal gedoen het nie? Sou ek dan aangehou het om dag na dag te lewe vir hoop. […]

Read More

My geskenk aan jou …

vandag stuur ek vir jou ‘n pakkie toegedraai in blink papier daar is ‘n kosbare geskenk daarbinne verpak op my eie manier die geskenk is omdat jy verjaar ek wil jou graag iets blywend gee iets wat jy altyd sal gebruik en immer nodig sal hê maak los die lint van sonskynstrale vou oop die […]

Read More

Dit reën in emmers ….

yskoue winterwoorde drup sneeuvlokkies op my hart dit reën in potblou emmers en waterstrome bring koelte vir my smart

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed