Die woorde van die regste egste ek spruit nog net in font en op papiere uit. As jy wil hoor hoe kom dit deur my mond (al die binne-in kompleks) sal jy my oë se konveks keerom moet draai om diep te sien, nie bloot te raai. Dan kan jy dalk die sleutel speur wat […]
My dierbare krosie was ‘n pragtige, spontane dogtertjie, maar hiperaktief en super-sosiaal. Ons het in ‘n nuwe buurt vol jonggetroudes met klein kindertjies gewoon. Die bure direk agter ons, het vier woelwaters gehad, waarvan die oudste seuntjie (so oud soos ons spruit), ook ‘n absolute handvol was. Die “klein kerkie” in ons gemeente het ontstaan […]
Die dekseltjie lig stadig, tergend en wys skelmpies, asemrowend, die tintelende geheimenis van waar die fynste engel-feëtjie skuil as sy weg van die wêreld is. Die plaatjies begin een-een pluk aan tandjies van die orreltjie en saam met die wyer oop neem Für Elise soos ‘n klokkie, kristalklank, sy oorbekende loop. Die kleinste, kleinste dansertjie […]
Na ‘n laat-lente, deurdag, deurnag, noag-reën se nat, het die lowerreus (al dig verskuil bebot), na so ‘n heil’ge doop, spontaan in songeel vreugdejubels uitgespat, volmaak ons vroegsomer en snerpwinter ruiswind oor ‘n doodgaan droë seisoen, vol konfetti-spikkels, nuut, so mooi, in ‘n skittergoue eg oor groen gestrooi, verbind. Maar die dopper is maar ook […]