Buite ‘n velhulsel talm ‘n gees, wyl woede wat walg weergalm deur dekades van dood wees, skeur ‘n geslote handpalm ‘n belaaide emosfeer. Veg vir ‘n reg – vir nét een! Gil om net te kan leef! Skree oor ‘n leeftyd se seer, ween oor ‘n siel – gebreek, alleen… sielsalleen. Skink die kelk van […]


Op die skouer van ‘n gekolkte teerpad, met gebleikte stippelstrepe, groei kakiebos en kosmos – verstrengel, versmoor, verstikkend in grys rook en gas. Gebarste hart, spat in ‘n liggaamskas, bloeiende wonde kolk deur ingewande. brand en brand en brand en kook, sonder fokus teer, besluitlooskripeer gedagtes wring, slinger deur newels gas. Waarheen lei die slaggat-teerpad […]

na jou emosies in klousule, na jou gedagtes in stanza, na jou siel se sagte streling in kuberruimtes oor afstand. In veselkoorde, sateliete en seine (soos koepels oor ons harte) klop polsende bondels data, gefragmenteerde kodes in pakkies, gemeen vir ontleding, interpretering van skrywer en leser, ontvanger en gewer, jy en ek wat leef in […]


Uit die verskeidenheid van my tuin pluk ek vir jou ‘n roesbruin dekgrasblom. Wil ‘k vir jou goud wys teen die rietgraslyf. Graag gee ‘k jou geel gesig madeliefies en blou magrietjies. Vrolik soos die son se strale oor die aarde wals; kalm soos die lug se blou. Kom skep soet nektar uit die vlam […]


Bewondering verander in afsku; gesprekke draai om verwyte; ‘n groet klink soos ‘n vloek; stiltes verbreek word met sinnelose woordherhaling; skouerskuur al aanraking is en jou hart soos ‘n klip sak na die bodem van niks voel. Dan roep die weerkaatsing van geluk op die oppervlak van ‘n donker, diep see en eskaleer lig in […]

Deur die fyn glas van jou siel se wand piramide jou lewenssand, ontvang uit die Vader se hand, beloftes van die hemelkant. Noukeurig afgemeet: ‘n korrel of twee se leed, dubbele maat van seën, sewevoudigheid se vergeef, skoonwas se reën, ‘n graafvol van leer. Van die hemel se gee is jy aardsgebind. Nano-oomblikke gestoor in […]


Onbepland die wêreld in reeds verstoot by eerste lig: lelike grys eendjie. jou eerste enetjie. So word Kinderilla groot bewe haar onderlippie, as sy smekend vra: “Moenie loop, seblief, Pappie.” Druppeltraan oor haar wang, klink haar kleuterlied elke aand. Kinderilla se mammie en pappie en familie skaterlag en kuier saam; Neefs en niggies jaag en […]