Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • DesiréD pos n nuwe plasing 2 maande, 3 weke gelede

    My hart se murasies-
    dit wat nog so op ‘n manier gestaan het-
    stort ineen
    die laaste stukkies “ek”
    van my af weggeneem.
    Verbrokkel en gedaan
    in siel en gees
    móés my lewe regtig so wees?
    Kan iemand my net-
    ‘n donnerse sak sement gee?
    Bakstene? Gooi my met klippe
    ek sal dit optel.
    Maar
    almal loop verby en dans in my stof-
    die opskop-wind waai my weg
    terwyl ander dele van my
    vasklou aan sool en poot.