Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Driekie se profiel

  • Geval
    soos ‘n verhefsde blaar
    koud in nat grond
    tussen ontroosde dorings
    herletsel in ‘n vreemde slinger
    vol vergankliksheidsvrese

    en al soek hulle jou
    sal hulle jou miskyk
    deurtrek in geel, rooi en[…]

  • Ons is anders as alles
    met buiteseisoene wat inwaarts woed
    verlore en verlate as gevolg van onsself
    elke keer as ek ‘n mens hoor gaan
    spartel gedagtes in my kop;
    verkorrel die verloop van tyd deur my v[…]

  • Soms wil ek ook breek
    soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots
    om in duisend stukkies te spat
    vloed oor ‘n oop strand
    terug eb in patrone
    oor sand en skulpe
    om weer heel te raak.

    © Julie 2021 Caren Kearle[…]

  • Uitgespoel
    staan ek kaalvoet op ‘n oop strand
    voor my breek branders
    binne splinter my siel
    agter lê ‘n land in skerwe
    ek voel anders
    noudat ek weet
    lewe en dood is sekondes weg van mekaar
    en liefde is maar[…]

  • Strooi my as oor die oseaan.
    los my daar
    wild en stormvol en ewig
    vleesloosvry en hawevoos;
    met bruisende golwe
    tussen wind, sterre en die maan,
    dobberend tussen kontinente –
    laat my vaar,

    vortex om my r[…]

  • ‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg
    aronskelke blom nie meer hier nie
    die blou lug hang in dik wit wolke
    aan die hemelruim se wange
    ek kyk oor die vallei
    Hadida’s steel die stiltes
    mense kom[…]

  • Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay
    haar skoene flenters
    haar klere maande laas gewas
    sy vra vir brood toe ek verbystap
    haar oë is leeg

    en ek wonder
    hoe leef mens só met niks
    in die afwesigheid van a[…]

  • Baie dankie, altyd lekker om te sien jy lees iets wat ek geskryf het.

  • Sal jy my kom haal
    wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis
    van pynskroeiende môrevrese
    terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad

    sal jy my in die middernagure kom red
    wanneer wakkerlê my vas[…]

  • Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou
    een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie
    onder ‘n groen druiweprieel
    met gekartelde potplante
    ‒ hier en daar
    vol Kalahari kaktusse
    en bonsai boompies
    een met ‘n borrelende[…]

  • Kan ek vir jou skryf
    met ses en twintig letters
    ek is lief vir jou.

    © Februarie 2021 Caren Kearley
    Kopiereg voorbehou

  • Laat jou sluier val
    as middelaar tot my lyftaal
    laat ek verse oor jou ploeg
    oor die naak velde
    van jou oorbegroeide gedagtes
    laat my toe om in jou binnekamer te dans
    die warme weerstand van jou duistenis te[…]

  • As ek vandag êrens in die Kgalagadi park
    tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds
    kon sit sommer net so platgat in die stof
    sou ek my vergryp aan die wonders van ons land
    ek sou vergeet van die Boland[…]

  • Die tafel staan gedek
    skarlakenrooi tafeldoek
    met ‘n witkant oorhangsel
    swart kerse weerskante
    toonkleurige lapservette en
    silwer messegoed
    netjies langs die borde
    op die plekmatjies gepak
    gebakte s[…]

  • Ek het al ‘n vensterbank verprent
    geswem op verbode plekke
    vreemde lande besoek
    in die volmaan verdrink.
    Ek het al my ma se hand vasgehou
    toe nie een van ons woorde gehad het nie
    selfs my vryheid p[…]

  • Dis ‘n andersom man wat haar hand houvas
    ‘n onweestaanbare vreemdeling
    wat in haar bed ontwaak
    dis háár mens –
    hy lyk bekend
    ruik soos kombuis en badkamer
    hy leef al lank hier
    met sy onbekende lyf
    in haar v[…]

  • Ek bewonder mense soos jy
    wat met oordeel lees
    asof jy dit self kon skryf
    jý wat daar sit
    met jou halfleë mond
    vol verlossings letters
    en afgeronde text
    asof jy weet hoe dit voel
    om benoud wakker te raak
    met w[…]

  • Ek het nie baie nie,
    het ek vandag weer besef,
    maar ek kan woorde vir jou omdop
    sodat jy saam met my op water kan loop
    dit in my eenvoud raam,
    terwyl my oë halflyf
    deur jou siel sink
    my vingers oor jou kortrib[…]

  • Vat my weg saam met jou
    sodat ek nie van binne hoef te sterf nie
    vat my na vreemde plekke in jou arms
    en laat my hang aan jou warm lippe
    vat my terug na tuine vol tinktinkies
    swaaie wat wolkver kan strek
    of[…]

  • Ek pluk ‘n vrug
    iets soos ‘n apple of ‘n vy
    ryp en groen net vir my
    en gee dit vir jou
    ek kyk hoe gulsig jy eet
    oorhonger en vraatsig
    – verslind jy alles tussen jou vingers
    dit maak my mal
    jy is honger en[…]

  • Laai meer