Jongste aktiwiteit:

Ek het jou gedra

Ek het jou gedra Ek het jou gedra oor die duine van my lyf deur nag se bangmaak-kyke het ek jou vrees verdryf Ek het jou gedra deur my hart se kronkelpaaie en jou drome het ek gebêre in onthou se koesterlaaie Ek het jou gedra in gebedewoorde op papier en jou treurpsalms gekoester deur […]

Read More

Nag van verlange

Brons Nag van verlange Kaapstad gooi sy flinkers oor nag se lyf hier waar die sterre geruisloos in die hemelruim se donker poele dryf die son het reeds lankal sy oë gaan rus daar agter Tafelberg se lenige lyf het hy sy skyn se warm asem gaan blus terwyl dag wag om weer oor die […]

Read More

Die spoke van duister

Die spoke van duister ek dwaal vanaand oor vlaktes van wanbegrip tussen die korreltjies van verwarring hier waar die maan se skynsel oor my vallei van troebelwater dans onbeantwoorde vrae weergalm soos eggo’s bons tussen die hange van my siel en gaan rus dan soos onheilskadu’s in my hart se blatante onsekerheid iewers in die […]

Read More

Skink vir my die heelal

Skink vir my die heelal skink vir my die heelal ń borrelende dag ń sopie vol van sonskyn die wind se skaterlag skink vir my die heelal oor berge vol van ys maak whiskey van die reën wyl storms buite suis skink vir my die heelal laat my teug aan druif se soet laat die […]

Read More

Hulle dink hulle is vry

Hulle dink hulle is vry son het skaars teen skemer gaan lê en wolke bruis soos branders teen die blou druppels balsem die Karoo se skurwe lyf wyl genade haar in vertroosting omvou salig rinkink my oë oor die vlaktes se wyd hul bokspring tot teen die horison se lyn en ver in die stilte […]

Read More

My bootjie van hoop

MY BOOTJIE VAN GENADE   die luggie is koel en rustig en stil dis ń vars nuwe jaar, deur God se wil my gemoed is soos die branders, effens geskommel my eggo voel maar met tye ń bietjie verfrommel   sommige mense verstáán die gevoel ander het nie ń idéé van wat jy bedoel sekere […]

Read More

Nuwe hoop

Nuwe hoop ń nuwe jaar,  bring ń splinternuwe droom; kraaknuut hang wense, aan die oujaar se soom. Gekneus deur die hande van gister se spyt, sleep hoop sy voete na môre in vonkelnuut-tyd. ©️Drienie Joubert Kelly

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed