Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • e.m.digkuns pos n nuwe plasing 2 jaar, 1 maand gelede

    Mooi woorde.

    Daar diep onder die alwyngroen kombers van my verligtende gedagtes lê jou mooi woorde.
    Dit is diep onder my gewete ingeberê sodat my skuldgevoelings nie die poging sal aanwend om dit uit te grawe nie.
    Ek hou dit daar saggies en soet sodat wanneer die dag sal aanbreek van my denkbeeldigheid ek dit kan gryp.
    Ek sal dit gryp en so styf hier teenaan my linkerbors hou, waar ek weet daardie mooi woorde van jou, in my hart se kamers in sal fluister en al die onwettende pyn tot ń stilte sal sis.

    – e.m.digkuns