Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • Eleen van Deventer Vorster pos n nuwe plasing 2 maande, 2 weke gelede

    JESUS SE OPSTANDING

    Christus se opstanding
    is van kardinale belang
    die groot gebeurtenis
    bevestig ‘n getuienis
    ‘N groot belewenis

    Meer as enige ander
    het HY, die mense verander
    dat Hy, die Seun van God was
    EN deur die Vader gestuur was

    Hom deur die Vader gegee was
    wat deur Sy Vader aanvaar was
    Alle sondes is nou skoon gewas
    en, die belangrikste van alles
    Bloedstorting vir ons sondes

    Sy Offering van Homself
    Ons gees, kan laat leef
    vir U daaglikse brood
    uit die sonde-dood
    EN uit U woord

    Christus het vertrek
    HY is uit die dood opgewek
    die derde dag weer opgestaan
    Opgevaar na die Vader se regterhand

    ©️ Eleen van Deventer Vorster
    05/04/2021