Jongste aktiwiteit:

Lewende sfeer

Haar grond glip tussen my vingers soos tyd, woordeloos vertel elke sandkorrel haar storie, onder my lê moeder terra firma se geheue gebêre in mos kluite en botaniese wortels.   Ek ervaar haar eoniese, oneindige geeskrag, ’n sewe hertze hartklop frekwensie.   Ons betrap haar blou-groen beeld met ysterstewels, los littekens van besoedeling en ontbossing; […]

Read More

Verstreke piëteit

ek wens ek kon jou uit my kop laat klim sodat ek jou kan bêre in die kluise van die see ek wil die verlange snare van my hart trim sodat ek jou daarmee uit my gedagtes kan vee   dis ‘n einde wat saggies aan my siel knaag, ‘n vuur wat brand met elke […]

Read More

Wonderland – Brons

Die magiese eenhoring begroting vasgewortel deur ‘n kleptomaniese regering waar belasting betalings hemelhoog heers en salarisse skielik ly aan hoogtevrees   die selfopgelegde uitdagings ‘n onbevoegde taak die toegekende tenders lê uitgebuit en braak vermiste miljoene word gesteelde biljoene terwyl hul Gucci sakke gevul is met triljoene   die bevoorregtes is oorvreet en dik die […]

Read More

Lafenis resep

Aqua strome vloei so helder en vry dit buig en kronkel om elke rots en klip dit word nie gebreek deur stryd of pyn maar hou sy koers met wyse begrip   oseane volg die maan se oeroue gees dit kom en gaan sonder om te verstil dit word nie gekeer deur angs of vrees […]

Read More

Visioenêre held

‘n Pionier met vas geankerde wysheid, stap hy ‘n toekoms pad vol begrip saam ‘n ongeskrewe manuskrip en veg vir geregtigheid en vryheid.   Die verskroeide aarde ‘n duiwelse aanslag, konsentrasiekampe en die kinders se dood vertoon ‘n volk se lyding van nood en die verowering van ‘n vierkleur vlag.   Vir die Britse Ryk […]

Read More

Rebelse held

Gewapend met vaste geloof en moraal was die stryd vir jou land, jou volk en taal. Jou stem teen onreg en vreemde gesag, verraad lê wagtend in die politieke aanslag.   Die roepstem van ‘n nasie; ‘n vryheid bevel, die omvangryke 1914 rebellie, intens en fel. ‘n Volk gebroke en deur oorlog verskeur, hoop vasgevang […]

Read More

Trogvreters

Wanneer jy die as word van ander se dwaas vuur spoegende seer woorde waai die wind jou rond en smoor jou wyse mond van gewraakte antwoorde dit beskerm jou hart teen vreemdes se swart sinne vol skel wurgkoorde sonder ‘n gesig weerhou hulle die Lig van jou donker self moorde sluit jou luister gang vir […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak