Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Elize Kruger se profiel

  • In die wildevy se takke
    klink ‘n gekke kwetterkoor
    tiptol se lied is skynbaar nie
    wat die vinke graag wil hoor
    bosduif op die telefoondraad
    het koer-koer na sy maat geroep
    die afdak se hans mossiepaar[…]

  • Hoe lieflik is jy tog geknelde land
    met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand
    oor jou sandveld met ysterklip swart besproet
    waar dorperskaap geil op jou geelgras voed

    hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou[…]

  • kaggelvuur knetter knussies
    ek nestel stywer teen jou vas
    knuffel-woel totdat ek
    in jou lyf se buiging pas
    dis gemaklik in die stilte
    wat loom oor ons kom lê
    want woorde is oorbodig
    wanneer harte alles[…]

  • Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing
    haar duinsandwange bloesend rooi
    sjiek geklee in mooiste madelief
    en vir haar slanke hals
    het Hy vir haar ‘[…]

  • eers véél later sou ek weet dat
    net soos wildeblomsade
    in kliphard gekompakteerde grond
    dormant, stom lê en wag
    dat somerreën sal kom
    ook in ‘n leeggebloeide mensehart
    ‘n Boesmanland na droogte
    weer res[…]

  • ek kan in die Ha Aa Tee
    na groot woorde gaan soek
    ‘n vers oor liefde probeer skryf
    in metafoor jou jy-wees knap
    allitereer en assoneer

    gepas vir ‘n groot verseboek
    wat oor ‘n honderd jaar of wat
    stof[…]

  • Daar is nuwe perspektief
    in afstand en tyd, sou ek leer in latere nagte toe
    onthou nie meer afknou nie
    herinneringe draaglik word en
    alleen verkieslik bo eensaam is
    toe introspeksie blaam verdeel en
    ek[…]

  • Iewers net duskant Moedverloor se vlakte
    ruk ek die ‘sterk vrou’ etiket
    wat loodswaar om my nek hang af
    want eers toe ek erken
    dat ek weerloos is teen die seer in my
    magteloos veg
    teen my onvermoë om sin te[…]

  • Ek wil sug
    oor die kitschgeit
    van paartjies vandag se botox lag
    en die feit
    dat liefde maar net liplangs loop
    want hartlangs loop die jakkalsies oop
    bo-blink het ek gedink
    soos die Rolex
    in die chinese[…]

  • toe alles nog eenvoudig was
    waatlemoen se kroon bloedrooi
    het jy my na jou partytjie
    by jou ma se huis genooi

    toe alles nog eenvoudig was
    husse lang ore dra
    het jy agter die fietsloods
    al vir my die kys[…]

  • Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing
    haar duinsandwange bloesend rooi
    sjiek geklee in mooiste madelief
    en vir haar slanke hals
    het Hy vir h[…]

  • Toe die rooiwarm son oor Pellaberg trek
    kaleidoskopies mooi die vroegaand-uur
    met pastel spookasemkleure versier
    verskroeide hartsplek skemergoud bedek

    het ek verwonderd op my duin gesit
    oop-oog oor[…]

  • Toe ek op ver gevorderde ouderdom
    weer digvorme se reëls moes bestudeer
    snelsonnet, koeplet, kwatryn en meer
    het dié begrip eindelik tot my gekom

    dalk moes ek in plaas van kattekwaad en jool
    my Afrikaanse h[…]

  • augustuswinde
    het die sand
    van die half-weggedra-de duin
    weer op my huis se stoep kom waai
    dag vir dag
    sal ek volhard
    en vas bly glo
    emmer-vir-emmer
    ís genoeg
    al moet ek dan daarmee
    trappies bou
    tot[…]

  • Hier, na die eenvoud van my heimat
    het my spore teruggekom
    in die mandjies op my voorstoep
    het ‘n somer bont kom blom
    ten spyte van die son se skroei
    het die apiesdoring geel gebloei
    in die branding van die[…]

  • Uit ‘n grou stratuswolk aan my hemel se blou
    giet ‘n potgooi herinnerings aan my en jou
    nêrens ‘n skuilplek waarheen ek kon vlug
    toe dit voel ek verdrink in die reën van onthou

    ©️Elize Kruger
    23 Julie 2022

  • Toe dit herfs word was ek joune onbevrees
    met hart, liggaam en gees
    hoe sou ek ooit kon raai jou liefde sou
    soos kosmos, seisoensgebonde wees?

    ©️ Elize Kruger
    10 Julie 2022

  • In die ryptrap van ‘n winterlandskap
    het ek blindelings weggeloop uit die
    vries-skroei van jou siel se koue vuur
    in hierdie helle-uur het ek gehoop
    om die verkluimde hart wat sterf in my
    met die warm van[…]

  • toe weet se mollige lyfie
    teen wonder aan kom druk
    het genoeglik byna dorstig
    aan my pen se ink kom sluk
    ‘n blanko bladsy terg my
    sonder eers ‘n blot
    maar die skepper van my versies
    is letterlik[…]

  • Laai meer