Jongste aktiwiteit:

Uit die kombuis (Goud)

Soos doekpoeding, gestoom in Keulse linnedoek met pypkaneel en neutmuskaat uit ver Malei gespesery, sultanas en korente uit die stormkaapvallei, vir skóp ‘n leksel brandewyn uit Cognac se kontrei, deur tien dekades saamgedra met hier en daar iets aangepas, glanskersies vir ‘n bietjie kleur nog gemmer vir die ékstra geur en net vir pret sommer […]

Read More

Kleinteater (Goud)

Oor jou sandverhogie langs die vlei gaan die middagson sy trae gang, ‘n voetpad kronkel teen die hang waar rondvet beeste vredig wei. Uit ‘n politoerblikramkie tokkel jy ‘n wysie wat my laat verlang na kindwees se stoftrap en sang en onskuld lankal reeds verby, maar jou danspassies het my ontgaan op my reise na […]

Read More

Jolifikasie (Goud)

Die boordbome kon kwalik hul skaterlag insluk toe lente onthuts haar hande oor die wind se tuitbek druk genoeg is mos genoeg nou, het sy beslis gesê en ligpienk bloeiselsoene op hul takke neergelê sy’t loof met haar groen vingers om die wingerdstok geweef, en skielik was die groeiseisoen oraloor fluks op dreef die bont […]

Read More

Klikkiebek (goud)

Ek was nog in my winterjas toe ek ‘n rooiborsie hoor roep van ‘n kaal tak in die vyeboom, en toe ek bietjie nader gaan het ek gesien daar is sowaar ‘n klein groen vrugbeginsel aan! ©️Elize Kruger

Read More

Verreken (Silwer)

Daardie oggend toe ek wakker word het ek oudergewoonte aan jou gedink, ek wou nog bietjie vashou aan die heimwee wat al vir so lank my koffiemaat met dagbreek is totdat slaap my in die klein ure van die nanag weer laat ontsnap uit die boeie van sênoumaars, wat-asse, en die swart onthou van brûe […]

Read More

Hartstories (Silwer)

In ‘n lêer in my onthou-argief is my verpligtinge noteer in wissels en promesses, ek-skuld-jou’s, en dies meer toe ek werk deur die joernale, die totaal probeer bereken, het ek gesien dis meestal deur mysélf op my beteken berekeningsfoute was daar ook toe die boeke nie wou klop, want dié gebou se waarde gaan nie […]

Read More

Lief soos die Kaap (silwer)

Goud met rooi-oranjeskroei breek die lenteson oor die mooiste Kaap bloesend verfris ontwaak sy uit haar winterslaap ongestoord, in purper maanhaar tuur Leeukop oor die diepblou see op Duiwelspiek pak ‘n engel ‘n spierwit miskombersie in ‘n mandjie net vir twee Tafelberg lê keurig gedek in skakerings van immergroen jou lippe naby myne bedel woordeloos […]

Read More

Dit begin by MY! (Silwer)

Kuberboelies is ‘n realiteit. Ons almal het dit al gesien gebeur – iemand maak ‘n plasing op ‘n blad, en skielik word hulle oorval met kwetsende boodskappe, spotprente en selfs doodsdreigemente. Het jy al ooit gewonder waarom ons dit aan mekaar doen?  Die antwoord lê in ‘n komplekse knoop van sielkundige, sosiale en tegnologiese faktore. […]

Read More

Winterslaap (silwer)

Toe winter met ysvingers die vallei kaal stroop van kleur swaeltjies sommer sak en pak na ‘n somerson migreer nog net bruin bas en droë blare somber aan verkluimde wingerdlote klou kon ek maar net my oë sluit en dankie sê want teen jou hart daar in die binnesak van lief se rooibont josefsjas het […]

Read More

Lekkerland (Silwer)

By die goudpot daar veraan die reënboog se puntwaar drome begin en seerkry is minwil ek my liefde bakhand vir jou bringwant jou hart is my veilige plekjou woorde ‘n sprokiesverhaaljou stil verstaan ‘n wiegelieden in jou nederige mensweesavonture wat winkdeur die oë van die wegkruipkind in mywat hoopvol nog steeds orosuit ‘n bitter beker […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed