En nou dat ek wéér, soos lank terug, bewus word van jou (in my en om my) het sluise oopgegaan en ruik ek jou op my vel, nuut soos die eerste lentereën ja, ek was die wind, opsoek na jou en waar ek kón het ek gewaai: in die oop blou lug, oor vlaktes en […]
Wolke wit aan die bleekblou wand van gister se dagbreek – asof dít genesing kan bring vir voorwaardelike liefde. Die wreedheid van ʼn klein dood loop jou vooruit – jy moes jou wapen neerlê, stérf voor jy kon leef. Vergifnis op die ponskaart van kentering, projekteer in jou oë ʼn skemeroggend, ʼn nuwe begin – […]
Kamerdeur op ‘n skrefie getrek – ek en bersie het ‘n sonstraal in ‘n canfruit bottel gevang, die deksel styf toegedraai – “Kom k-y-k pappa!” Die lang blou-overall man glimlag en vryf my hare deurmekaar; dít was ‘n windstil oggend. Maar winde van verset het uit my ribbekas ontsnap, die laaste leksels vrede – tussen […]
‘n Wolklose laatmiddag in April – ‘n meisie met ‘n blou en wit T-hemp: “LIFE IMITATES ART” hurk en maak ‘n skoenveter vas, draf dan verder ‘n dogtertjie met krulhare gooi stukkies brood op die water, sy skrik as ‘n kolgans haar storm, ‘n bruin papiersak trek deur die lug ‘n tiener ry verby op […]