Toemis Mis het opgetrek uit die see en soos die verhaal van Jona tussen vissermanne en gevlekte snoeke uitgeloop op die kaai oor padpredikante en gesigte agter wasemruite soos die kleed van Turyn gehang oor die baai Ester le Roux/Lydensweek 2019
Lydenstyd 2018 Aswoensdag Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig Moreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek en die rivierloop duidelik uitkarteer Ek sal dit volg, soos Virgilius, wat […]
wag asb.