Pastoriehondpenarie Geskryf deur Fanus Strydom 1827 woorde ** Kragwoordwaarskuwing: hierdie verhaal bevat enkele, gekruide woorde en terme wat deur sommige, sensitiewe lesers as vloekwoorde beskou mag word. Indien dit u sou ontstel, moet asseblief nie verder lees nie. Dankie. Die Skrywer. “E….oop daai…..ou ….is….aak..!” Die man storm so vinnig op my […]


Gedigte Maart 2024 Oop projek Silwerklas liefdesdans kom dans net nog eenkeer met my oor oubekende grondgebied my beminde waar ons hand aan hand een laaste maal op maat van ʼn lankvergete wiegelied kan swymel en sweef voor smart ons kom haal kom dans net weer eenkeer met my langs grafte en gragte […]

Sangoma Suzi geskryf deur Fanus Strydom 5099 woorde (Waarskuwing: Hierdie skrywe bevat enkele vloekwoorde en kru taal.) Sannie Van Graan verklaar haarself amptelik as keelvol teenoor die gesig vol plooie in die spieël. So wat van op die stoep sit en staar na die vergetelheid is nou genoeg, besluit sy. Vandag is dit al […]

TOORDOKTER Geskryf deur Fanus Strydom 1923 woorde “Beste uitvindsel ooit…” Die gryskopman draai moeilik om na die klein houtvenstertjie toe en wys na die uitgestrekte kaai voor ons. In ʼn ellelange, uitgestrekte lyn lê honderde sement-dolosse slaggereed en wag op die volgende woedende golf om te arriveer vanuit die diepsee uit. Die hoogwater […]

STRANDLOPER Geskryf deur Fanus Strydom 1532 woorde Ek sien die man ʼn entjie voor my langs die water se skuimlyn aangestap kom. Behalwe onstwee is die strand verlate. Tóg sien en hoor ek lewe oral om my. ʼn Groepie meeue kras lui-lui bo my kop verby op die ligte oggendbries. Voor my voete skarrel […]
DIE LAASTE WALS Geskryf deur Fanus Strydom 1236 woorde Anna Conradie sit vasgepen in ʼn hoërugstoel iewers langs ʼn tafel in ʼn groot vertrek. Sy is vaagweg bewus van sagte musiek iewers in die agtergrond en die dowwe flikkering van kerse hier en daar. Sy hoor mense om haar, maar meeste bly dofweg […]
SKIETSTILSTAND Geskryf deur Fanus Strydom 873 woorde “Mamma, wat raas so daarbuite?” Jasmina kyk met swaar oë na die versplinterde vensterraam bo haar kop. Sy is te moeg om op te staan. Te bang om na buite te kyk. “Dit is vuurwerke, Yussuf,” antwoord sy en streel oor haar seuntjie se swartgekoekte koppie. […]
HEILIGE SAKRAMENT Fanus Strydom 850 woorde Pa smyt vies die koerant voor sy voete neer. Hy skop verontwaardig na die voorblad met sy verband-toegedraaide voet. Die gebreekte groottoon klop weer erg aan sy gewonde ego en swaar gemoed. “Dis als jou skuld,” sê hy vies in my rigting en soek opnuut na rede […]
BLOUKLIP SE BOODSKAP Geskryf deur Fanus Strydom 2968 woorde Vandag, presies agtien jaar gelede, het Lukas Witbooi se pa Willem die bloublink klip oor sy pasgebore seun se hart laat hang. Almal het daardie dag hier op die einste wal van die Groot Rivier gesien hoe die klip vir ʼn oomblik stil bo die […]