Dit was ‘n mooi sonskyndag. Die hemelruim se blou geskilder met ‘n nuwe potlood uit die hand van die Skepper. Geluide van die veervolkies getuig van harmonie in ‘n andersins deurmekaar wêreld. Ek stap energiek en vol lewe, gereed om die bul by die horings te pak, met ‘n lied wat borrel in my hart. […]
in gebroke lyne van ‘n sekelmaan wissel emosie ‘n silwer traan ja, soms maak dit jou gedaan in die pilgrim se wentelbaan hoeveel is genoeg? wanneer is die vyfskaar moeg geploeg? sonder wrewel afgesloef? sal die gerf my begrawe in die groef? hard dreun bliksems op die horison! jy tuur teveel na die […]
maste van my lewenskip skerts oorbodig oor kragtige winde van beproewing splintervars soutspatsels op my wang fluks kloof my boeg deur deinings kiel en spante suile van my siel ek sal nie kantel, want Hy is met my bly loefgierig in die soene van die wind só sal ek die loef afsteek teen vergaderings van […]
stemfeer die gelofte uit jou hart onverskrokke in trane smart Here, ywer tog vir ons part merk dit diep in die hart oë ontmoet mekaar maak tog U beloftes waar in nood kant en klaar wees stil en weet Ek is daar vyande het hul kiekies verander slinkse planne geensins skrander golf op golf; brander […]
anderkant die kaplyn van twis en venyn blom die reënboog hemelhoog tasbaar dog onverstaanbaar bewe brawe dade gelewe met moed kan jy vrede groet; ywerig die twisdissel wissel duskant die kaplyn van vreugde en vree blom die reënboog hemelhoog saad van gehoorsame daad groei selfs as storms loei met jou sekel moet jy oeslappies hekel […]
uit die slikdam van rou emosie stu springgety van trane teen onrealistiese hoop bind tog my hoop in seeskuim dalk gebreekte skulpe dooie jellievisse of knypers van krappe tasbare bewyse dat selfs hierdie oneindige storm stil sal word voor die Stem van die Meester vrae soutkook in my gemoed of enige mede pelgrim sal waag […]
melodieë van loeiende winde noteer diepkyk wysies oor dik en dun teksture toonkleure wat ons verstaan wysies verkrummel in sleutels met notering van ons sonate halfnote vervaag op deinsende notebalke draai-swaaiend in weense walse romanties tergend met swaaie van weskus draaie akkoorde vibreer in jou stemvurk; in klankkleure breek ons lente […]
fluweelsag kus marmergroen jou oog buitensporige digte groen loog drasties onprakties takties kleinspoortjies soekend na matrassies hoe maklik stap jy verby te bang om jou voet te laat gly meegevoer in tapisserie van mos bedag op watter prys dit jou kos net die Skepper kan só volmaak weef om opnuut aan lewe te kleef o […]