Daantjie Andreas oor Riemvasmaak Daantjie Andreas is ‘n Xhosa. Hulle het in 1973 getrek. Hy was deel van die Riemvasmaak “Bantoes” wat King Williamstown toe getrek het. “O, jinne, daai was ’n moeilike tyd. Ons ken mos nie so ’n wêreld nie. Ons het mos hier in Riemvasmaak groot geraak. Hy reënt aanmekaar en daar’s […]


Nokkie Andreas se Trek. Nokkie Andreas is blind. Hy is ’n Xhosa. Hy is nie meer jonk nie maar hy onthou goed. “Nee dit was daai tyd toe die mense van Potjiestroom hier kom en sê hulle wil vir Riemvasmaak hê. Toe’t alle mense bymekaargekom en ons Andreasse van Bok-se-puts ook. Toe sê die mense […]
Die Groot Trek “Die Jirre alleen weet hoe ons met die spul snotneus kinners en blêrende boklammers by Lutz-se-puts op die trein gekom het. Die helfte aan die pram en die ander aan die speen.” Mike Booysen skuif rond op sy stoel asof hy die hele episode weer beleef. “Jy moet weet die mense ken […]
Willem Farmer en Swaartekrag Ek het nooit geweet waarvandaan Willem Farmer kom nie. Hy was maar net altyd daar. Nou moet ek sê dat “altyd” op daardie stadium nie baie lank was nie. Ek dink hy het uit Springbok se wêreld gekom maar Oupa het altyd gesê hy kom nie van Namakwaland af nie. Sy […]