Aan die einde van die reenboog opgesmuk in wit en rooi staan ‘n mensie met net een oog, dit roep: die wereld is nie my nooi! Ek het al baie gewonder wat sal gebeur indien ons elke dag die straf vir elke oomblik se onbesonnendheid moes ontvang. Sou ek dan elke aand met stukkende boude […]
Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier wat die stilte skud. Die ruik van jenewer, ruimte en wortels op ‘n oorhoofse liefdeslied. Dit is […]

Stefanus Kleinsmit gesels kerk. Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in ‘n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm […]
Die peetpa Ek sal die een of ander tyd seker ‘n samevoeging van al my Voortrekkerweg -gedagtes en -ervaring kan neerpen, maar tot dan, is hierdie nog een van “daai” stories wat sommige mag geval en ander sal laat spaander. “Something is going down…” dit was ál wat die netjiese jongerige sakeman kon uiter, terwyl […]
Dalk is dit nuus Êrens in die wye Kaap slaap daar vanaand ’n motortjie of dalk ’n mens of ’n dier onder ’n seil wat nie aan hom, dit of haar behoort nie. My openingsreël hou nou nie juis besondere nuuswaardigheid in nie, maar dit was tog die wekroep wat my sluimerende kwelling oor vrae […]
Moeg vir die storms Die Vlieënde Hollander was in ’n storm onder by Kaap die Goeie Hoop vasgevang, so vertel die verhaalskrywers, maar Kaptein Van der Decken wou niks weet van omdraai nie; hy wou deurdruk, al was dit tot in die hart van die storm. Selfs toe ’n groot golf oor die skip breek, […]
In die truspieël het daar vanoggend ’n skone lied kom speel. Aanvanklik het ek soos gewoonlik die draadloos op die radio-sonder-geld-stasie aangesit en die pad na die ander deel van die dorp, daar waar ons die geldjie verdien, sonder verwagting voortgesit. Maar, toe die ellelange relaas oor die nuwe president en sy bekwaamhede en persoonlike […]
Die ander Vrydag namiddag sit ek en vriend D’em oor ’n koue Germaanse bruisdrankie die dinge van die dag, die week en sommer wat ook al aan die orde is, en gesels. Dit is nogal eienaardig en steurend opvallend hoe die gesprekke deesdae doelbewus die politiek en die kerk en die ekonomie probeer systap. Een […]
Dit is so om-en-by vieruur op ’n Donderdagmiddag êrens in Julie 2002. By die toonbank in ’n kroeg wat eens ’n skaflike dagloner se watergat was, sit ’n man met ’n glas; nou is dit ’n raserige swartgeverfde hool waar die kokkerotte skaam-skaam agter die brouery se kiste ronddartel. Die reuk van urine en bier […]
e midde van die werksdinge van hierdie dag, is daar ’n klompie melodieë wat tydig en met klinkende reëlmaat my gedagtes na hierdie skryfding terugroep. Iets waaroor ek beide bly en hartseer is. Sedert die begin van die skryfperdjie, was 2017 die jaar waarin ek die minste skryfstukkies of opstelletjies die papier laat sien het. […]