Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
  • DIEFDIGTER

    Ek skryf omdat ek weet dit is waar
    dat jou tong in my ink verdrink het
    dat my verse om jou katedraal
    dat my asem hunker na jou honger
    ek skryf omdat ek weet dit is waar
    dat jou stem ons soms kom[…]

  • wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang
    in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar heilighede katedraal
    daar waar die donker breekdun word onder drome wat vlak sweef
    wanneer die ure uitloop e[…]

  • En nou weet ek ook
    dat my somer en winter
    hand aan hand kan loop.

    © MEI 2022 Caren Kearley
    FB: Nimfoleptiese Woorde

  • Jy het té lank eenkant gestaan
    terwyl die opkoms en afstyg
    van die stil spasies in jou lewendige oë
    vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is
    nie ‘n herhaling van gister nie
    nie die stemme in jou kop[…]

  • Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer
    het sy nardusolie aan sy voete kom smeer
    plaksels van sy siel het een-een afgedop
    gister se newels het om hul stof opgeskop

    sy asem het wild-warm in haar nek[…]

  • Wat kan ek doen om dit te stop
    wat maak ek met die seer
    van die aarde en ander se harte
    wat kan ek sê wat voldoende sal wees
    iets sonder die verkragting
    van gaia, mens en dier
    iets wat alles en almal kan[…]

  • Soms maak jy my sinne klaar
    wanneer my woorde met stoptekens begin
    veral op plekke
    waar my asem vaagweg agter gate uitloer
    buiteklanke my skuilplek raak

    selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore[…]

  • Wanneer ek weer sterre pluk
    wil ek jou skelm saamsleep
    met uitgestrekte hande
    silwer stringe om jou heupe snoer
    sodat jy saam kan sweef
    sonder dat iemand ons ontsyfer
    of ons astrologies probeer[…]

  • Oopgestrek tussen hemel en aarde
    skreeu stemme in my kop
    ‘n lyf vol letsels
    mank spore wat vorentoe swenk
    in my hand
    hou ek ‘n hart

    jy gee vir my
    al jou gisters en môres

    ons loop verder in[…]

  • Caren Kearley wrote a new post, PRISMA 1 jaar gelede

    Nog in die laaste uur van my weerskyn
    was ek vir jou ‘n spieël
    ‘n truweerkaatsing
    van dit waaraan jy so
    mildadig vas wil hou
    die ander jy
    wat van buitebreek
    ‘n binneding wou maak

    daarom gee ek my lens v[…]

  • Omarm
    kneusharte
    taktueel
    omdat
    binnevra
    eers
    reaktief moet wees.

    © Okt 2021 Caren Kearley
    FB: Nimfoleptiese Woorde

  • Omgolwend
    kantel ons
    teen
    ongekende oewers
    bewakers van onsself
    ewig dobberend
    resensente van
    mensgemaakte
    aardkors meganismes
    aandeelbesetters van
    nemesis asems
    dwalend, soekend, verlore.

    © Okt[…]

  • Ek wil jou in ‘n bottel bêre
    in die binnesee van my siel
    sodat ek eendag weer kan onthou
    hoe jy my hart laat klop het
    toe lig deur my vingers wou glip
    toe vryheid in my
    om my
    vlerkloos gefladder he[…]

  • Wanneer jy weer Paarl toe ry
    pluk vir my varkblomme langs die pad
    sodat ek op ‘n gepaste oomblik
    myself in die lente kan verloor

    en wanneer jy weer huistoe kom
    gee vir my jou ongetemde hart
    sodat ek ook s[…]

  • Geval
    soos ‘n verhefsde blaar
    koud in nat grond
    tussen ontroosde dorings
    herletsel in ‘n vreemde slinger
    vol vergankliksheidsvrese

    en al soek hulle jou
    sal hulle jou miskyk
    deurtrek in geel, rooi en[…]

  • Ons is anders as alles
    met buiteseisoene wat inwaarts woed
    verlore en verlate as gevolg van onsself
    elke keer as ek ‘n mens hoor gaan
    spartel gedagtes in my kop;
    verkorrel die verloop van tyd deur my v[…]

  • Soms wil ek ook breek
    soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots
    om in duisend stukkies te spat
    vloed oor ‘n oop strand
    terug eb in patrone
    oor sand en skulpe
    om weer heel te raak.

    © Julie 2021 Caren Kearle[…]

  • Uitgespoel
    staan ek kaalvoet op ‘n oop strand
    voor my breek branders
    binne splinter my siel
    agter lê ‘n land in skerwe
    ek voel anders
    noudat ek weet
    lewe en dood is sekondes weg van mekaar
    en liefde is maar[…]

  • Strooi my as oor die oseaan.
    los my daar
    wild en stormvol en ewig
    vleesloosvry en hawevoos;
    met bruisende golwe
    tussen wind, sterre en die maan,
    dobberend tussen kontinente –
    laat my vaar,

    vortex om my r[…]

  • ‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg
    aronskelke blom nie meer hier nie
    die blou lug hang in dik wit wolke
    aan die hemelruim se wange
    ek kyk oor die vallei
    Hadida’s steel die stiltes
    mense kom[…]

  • Laai meer