Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Jessica Venter se profiel

  • “Die verdekselsde bul wil nie skuif nie,” kla Magriet in Ben se oor. “
    Kan jy hom nie net verby vat nie?” Sy sug hardop. “Is jy mal? Het jy gesien hoe groot is die ding se horings!” Sy klink byna histeries.[…]

  • soak me
    in Your presence
    as I worship You
    ©Jessica Venter
    21/7/2019

  • jy is so kortaf met my
    waar kom jou kwaai houding vandaan
    skool maak dan altyd jou hartjie bly
    ek kan dit glad nie verstaan
    Sarie, se ma het ‘n baba gekry
    dit maak my sommer vies
    ‘n boetie om haar hart te ver[…]

  • wanneer die onweerswolke
    donker en grys
    oor my horison inrol
    kan ek altyd my kop
    na my ma draai
    om weer krag te kry
    tussen haar blare vind ek rus
    want haar gebede
    rig sy tot God
    sy water dit met haar liefde
    en met[…]

  • daar is niks mooier
    as ‘n Afrika sonsak
    waar hy tussen die wolke
    wegkruipertjie speel
    en tartend
    sy laaste strale strooi
    ©Jessica Venter
    16/10/2019

  • as die hemel
    sy goudgeel bal
    aan die horison hang
    rimpel skemer se koperstrale
    oor my hartsverlange
    waar die son sak
    tussen sy wolkkombers
    wil ek teen jou lyf kom lê
    jou sonsakgenade
    verkleur my wêreld
    m – o – o[…]

  • Rokkies wil sy dra want sy wil nes ‘n feëprinses lyk. Soos ‘n regte Cinderella met haar mooi blou bal rok wat glinster in die maanlig wanneer die sterre vir haar wink wil sy saam met haar prins dans. Ja, sy wil ‘n[…]

  • in jou growwe hande
    hou jy die genade garing
    waarmee jy saggies teer
    my gebroke hart heelmaak
    elke stekie
    is versigtig deurgetrek
    en nou is ons harte
    vir altyd
    aanmekaar geweef
    met my trane
    werk jy hooptoiings[…]

  • sulke sentrums het nie opregte honde nie
    maar dis beter om een aan te neem
    daai honde is altyd kruisings
    daar maak jy ‘n fout
    dalk, maar ek soek ‘n baba hond
    net sodat jy die babastadium kan beleef
    dis goe[…]

  • seer herinneringe sidder deur my siel
    met die geklingel van jou brandewynglas
    wat my kop net-net mis
    jou woede vuishou
    in reënbuie oor my ma neer
    jou mislukte selfmoordpogings
    verwond my dogtertjiehart
    wasem jou[…]

  • jou giftige woorde
    reën seer oor my neer
    en besoedel my denke
    ek verstik in jou manipulasie
    as jy my ignoreer
    “rain in the cup of my life
    drops of rain in the cup of my life”
    valse drukkies, organies aang[…]

  • Onder die mistige sekelmaan huil die ruiter op sy swart perd bedroeflik. Waar hy langs die graf alleen kniel kriewel iets onheilspellend teen sy ruggraat af. Hy vee sy trane met die agterkant van sy hand af en loer[…]

  • Douvoordag kraai die haan saam met die son. Hy raas die hele werf wakker waar hy nog gaap-gaap onder die ou sinkdak skrop. Die voëltjies in die bome kwetter. Hy loer hulle deur ‘n poepoog en kraai nog ‘n keer[…]

  • wanneer ek in onsekerheid se stormwaters dobber
    en moedeloosheidsgolwe om my slaan
    verdrink my hoop in die donker diep waters
    maar Vader anker my op Sy beloftes
    tussen Sy liefdestakke bloei my tuiste
    waar ek in Sy[…]

  • jy is die asem in my siel
    die kussing waar my gebede kniel
    in jou arms vind ek rus
    dis net jy wat my vuur kan blus
    jy is die heelal waarom my wêreld draai
    al gooi die lewe ons ‘n skoppelmaai
    voel ek jou hartklop on[…]

  • met elke sonsopkoms
    blink hoop op die horison
    as moedeloosheid my vreugde steel
    musiek ewenaar die ritme van my hartklop
    ek verloor myself tussen die lirieke
    van my gunsteling songs
    waar die see se deinings[…]

  • tussen die skerwe van herinneringe verdwyn
    my kleindogtertjie ideale besmet
    deur gebroke stiltes het die leuens geskyn
    waar die waarheid oor my hartsbegeertes pirouette
    verloor die lewe so tikkie van sy glans
    elke[…]

  • ons gesiggies weerkaats soos spokies
    wit vanuit agter ons skerms
    te bang mens mis iets uit
    sit ek vasgemessel aan my foon
    plak tog net ‘n onsie op gesigblad
    om my perfekte lewe in ander se bakkies te vryf
    my oë tr[…]

  • Laai meer