Wat presies beteken vrouwees? Vrouwees is vêr meer as biologie of geslag. Sy is spesie soos geen ander. In my werklikheid is vrouwees soms presies dieselfde en soms, lynreg verskillend as manwees. Onverklaarbaar, onverstaanbaar, onversoenbaar, verskillend. Met so wye verskeidenheid in verteenwoordiging, wie het die reg om te besluit wat vrouwees nou eintlik beteken? Mense, […]



‘Dis heerlike lente, die winter’s verby. Weer vrolik die velde, vir jou en vir my’ of ‘Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing; al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring’. Lentetyd is Lasarus-tyd. Dis lewe-kry en opstaantyd. Dis tyd om die liefde op te warm, romanse af te stof, te lag en […]

Wees bewus. Ons het vandag vyf kilometer gaan stap in die hoop dat ons mense bewus sal maak van die Swart-hond en angs en soveel ander gemoed-aftakelaars wat baie mense se geestesgesondheid bedreig. Ek wens dat dit nooit ons lewens betree het nie. Vir ons is dit ons persoonlike Via Dolorosa ter ere van en […]

Oktobermaand se kenmerkende kleure is oral in my tuin. Die kleur van kappertjies. Van Pampoen tot piesang. Die kleur van Malvas. Van kersie tot waatlemoen. Die kleur van Christus-doring en Laventel. Van bloed tot purper. Met die somer wat op pad is, wil ek sommer die riel dans, in afwagting. Of die Can-can, maar o […]
Dis net ’n paar weke gelede dat almal oor die koue gekerm het. Bibberend en bewend en kletter-tand. En nou is dit lente. Daar is vonkel in die oë, huppel in die stap. Vroumense jeuk om te skrop en poleer. Almal het nuwe lewe, nuwe energie, nuwe lus. Selfs nuwe belustigheid. Seisoene in die natuur […]

Dis op ’n dag soos vandag (en gister ook) dat mens moet stokkiesdraai, verantwoordelikheid by die agterdeur uitskop en oopmond in die vars lug glimlag. Dis op ’n dag soos vandag, wanneer die son glashelder skyn, die hemele blouer as blou is, dat mens moet wegsink in die natuur se prag. Dis op ’n dag […]