Jongste aktiwiteit:

NAMA-NAG ( tanka)

met heimwee vanaand, gryp my siel na jou toe terug — waar kokers een-een oor die vlaktes eindloos waak, onder sterbeglinsterd lug. MCDb.

Read More

DIE LEWE IS ‘N WERKLIKHEID

‘n ware woestyn met nomade ewig soekend na brood en water. ons gaan waarlik van sand tot sand oor duine en dale soos dronkaards sywaarts, afwaarts en opwaarts. MCDb.

Read More

HIERDIE WINTER

verlang ek vroeg reeds na jou somer waar jy half kaal uitgestrek lê in veld en vlaktes en lafenis later latent oor jou sal uitspan — jy dan opspring in lewende lywe bokspring saam met alles wat leef. O, hoe verlang ek na jou somer. MCDb.

Read More

BERUSTING.

Wanneer die son soos ‘n ryp vy keep lê in sy baan, en met ‘n snypunt aan die ewenaar rooiwyn skink tussen goue wingerdblaar, word ‘n vuur kaggel die plek waar jy anker sak en jouself in sy hawe laat. MCDb.

Read More

DIE VROEG-HERFSTREIN

Die Vroegherfs-Trein . In hierdie ryper, amper goud en roesrooi jare — begin ons mekaar meer opsoek as kleinode. Pluk ons saam in verwondering en met innige genot, van die seisoen se oulaas, nog weggesteekte vrugte. Ons reik uit na mekaar, bo- oor gronde van vooroordeel en verdeeldheid, en rek en strek om by mekaar […]

Read More

MY HART

Vanoggend was ek my oë met die water uit jou kom loop nou langs riviere van jare se onthou… Talm eers aan die oewers van jou mond se stom. Jou woorde is verminkte voëls, flaminke soekend na die son. MCDb Eerste publikasie LITNET.

Read More

AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE

AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE borsel my oë oor die landskap van gister. Lagie op lagie word gevee tussen strate, duine en die see. My mond mymer, hou boek — versamel los skerwe van ‘onthou’. Ek maak sin uit die stukke wat ek op my terugblik bou. Op die sif lê die gronde van my […]

Read More

MY *TWANKA LIEFDE.

ek loop handlangs bo-oor jou vel, verkluim onder minder son terwyl ek jou ervaar in jou asem en iewers in jou hande die maan kan vashou met my oë. ‘n trop wilde perde ry my gedagtes uit oor jou vlaktes, en versamel dan om die drinkwater van jou liefde. ek en jy sal te voet […]

Read More

TWYFEL

Om in eenwording en ontwording eie aan jou aard, nie ná of van die son te draai nie, sal jy bang in jou sirkelgang deur dag en nag eweninge, jou op twyfel verlaat. MCDb.

Read More

LEWE IN PAPIER

wanneer water leivore loop voel ek my eens weer klein in ‘n skippie van papier wat geluidloos vaar verby piramides my stuur en verlangend na dae vol geil beloftes van môres wat seilspan teen die wind waai geure heerlikhede sintuiglik gelaai en smake in bekers oorlopens vol gepak in musiek klankkaste staan stories bokse vol […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed