Jongste aktiwiteit:

Ex Facia

Jou stil staar blou – ontketen snak uit asem, helder ruite opgewasem. Fokus skuif pupil omskryf ‘n dialoog in iris taal wat jy be-oog.

Read More

Eva

Geskenk vir jou uit jou geneem ‘n vrou gebou uit eie been in vlees geword na wens voltooi wat hart uitstort in appels rooi letter meng lip tot soet fluister ek is jou rib verpak in pleister

Read More

Breekbaar

Die gekraakte kruik se bars breek oop in mis van gebruik het olie uitgeloop as dik vol trane deur skeur se krake vermom as blink bane in gedane sake Het stamp se stukke van herhaaldelik se, se seer oomblikke in skerwe gaan le Die Beeldhouer haar behoud gelym met geloof en Goud

Read More

Losprys

Koop my lyf met jou hart en dan sal ek be-sluit of jou lyf my hart kan be-kos-tig

Read More

Musikant

Groot swart lumen van jou pupil sluk my ritmies in op die maat van staccato Note lê kort asem versprei in die lyne van jou lyf My hand begelei die wysie in jou wese tot konvulsie simfonie bewend beëindig in siels harmonie Die liefde belei in mooiste klank se neurie

Read More

Ballerina in ‘n boks

Hoog op die rak blink ‘n soewernier in reënboog spikkels teen die muur. Die juweelkis met son versier. Jy herhinner jou aan onthou en rek op om die memorabelia vas te hou . Draai die slinger 16 keer monotoon, blaas die stof volbors skoon. Jy vou haar verhoog oop in allegro vivace. Juwele aan haar […]

Read More

Antiek

Onthou in my oudheid hoe nuut ek was vind myself blink in ‘n ander era pas. Eens het ‘n spieël op my gerus nou hou my werkblad woorde vas, Meer van jouself sal jy nou sien, want woorde weerkaats jou hart dus is die spieël uitgedien. Ontbloot myself afgeskuur, langs die les-senaar vind in lyne […]

Read More

Oogwink

Onverwags het tyd ophou wag en het wysers gebuig vir my begin lag sekondes skop teen minuut mure en my horlosie tel jare in ure voor ek myself kon vind het ek my aan tyd vas gebind en sien ek myself oud in die oë van ‘n kind

Read More

Vermom

——————————————————————————– Kamofleer Khaki kleur klitsgras gryp vas duwweltjie kleef in vlees verweef jou oë klou aan my blou ‘n haak en steek sê waar jou hart lê woorde is stom waar lelies as impalas blom

Read More

Bekruip

Jy soek spore in my woorde wat ek vermom, ek loop lig word nooit stom Jy hoor my sag ver; om jou heen waar ek stil wag vir nou: versteen

Read More
wag asb.

onlangse publikasie

Ex Facia

Eva

Breekbaar

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed