Vandag wil ek sag vir jou vertel van die sonskyn se lag en hoe hy seunskind-sku sy strale oor die aarde spu. Sal sy een oog oophou-loer wanneer my en jou paadjies poog om te kruis? Of sal hy playful(guitig) agter ‘n wolk inkruip sodat ons mekaar in die donker kan knyp. Vanaand wil ek […]
Is dit die landskap van die strand in jou lyf wat onder die streel van my vingers verstyf want met die goud-grof van jou skitter sand blus jy die vuur-vlam van my passie-brand. Neem jy my op reis met perfek gekose woorde lei my deur jou soutmansland na groen wingerde en boorde na daar waar […]
Geen gedagte-stilte is meer in my mal kop te bespeur wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê. Ek het weer op planete begin wens die melkweg se sterre getel want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens saam al die ander wat kordaat regop staan om hartjies langs jou naam te spel. Wonder […]
wag asb.