Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

neels se profiel


  • Spreuke 12: 10
    “Sorg goed vir Sy diere, maar die goddeloses is wreed”

    bestuur, beskerm en ontwikkel
    alles wat Hy vir jou gegee het
    laat jou hand die goeie doen
    laat jou hart deur liefde
    gelei word tot[…]

  • water honger gras
    lê lepel met droë sand
    staan groen en sonbrand

    vervoer deur slangpyp
    water spat chinese fyn
    oor pieperig groen grasperk

    om groen kolle
    onder blik dakke
    lewe vaal gras a[…]


  • die branders terg my
    elke uitspoel soompie
    wit borrelende skuim
    baken elk sy eie strepie

    die diepste verlange
    ver van my is U nou
    eeue ver verwyder
    net waar liefde skyn

    Meester diep verlange
    U[…]


  • in die wolke sien ek myself
    sweef soos ‘n meeu alleen
    myself aan die wind verleen

    in die duine se blommeprag
    weerkaats my stem so skor
    soos witbors kraai se gemor

    in elke brander se g[…]

  • geure sonder substansie
    vul spasie sonder kleure
    lê op die tong
    roep nader honger
    is ouma maag sag
    waai onverwerk in die wind

    higiëne mode giere
    trek hul neuse op vir geure
    geen reuke is die k[…]

  • Dit is klaar

    kom luister na my lied
    verstaan die woorde
    wyl ek snare span
    tussen Orion en die Suiderkruis
    speel ek ‘n laaste encore
    voordat my hart stil moet raak

    en

    terwyl die melodie se laaste a[…]

  • Vriendskap genade

    wanneer my voete swaar raak
    en my trëe sleepmerke laat
    dan tel vriendskap my op
    en dra my waar die see
    op die strand kom draai

    as my oë dof raak
    en my ore stilte braak
    kom skryf jy i[…]

  • Tearlach wrote a new post, ver 4 dae, 16 ure gelede


    oor die blou golwe
    sweef ek as meeu

    soms voel dit asof
    ek te ver weg gaan

    sien ek die plekke
    déjá vu geskerm

    voel dit alles groot
    te groot vir my kop

    reis ek na nêrens
    op wolke van mi[…]


  • vanoggend lê die mis skielik dik
    gister was stilte voor die storm
    sterk winde het gekom en gegaan
    deurnag alles verander wat bestaan

    wat gister waarheid en kultuur was
    het vanoggend wakker geword sonder[…]

  • bondeltjie sag
    kyk verdwaas
    na die helderlig

    vet magie ballerina
    draai twee voet
    op ń mat

    langbeen dogter
    skuil verleë
    agter moeder verkope

    stoot borsies
    stamp bokkig
    teen tendense

    lyf g[…]

  • trek my saam
    volgens AA kaart
    die toer opwindend
    uitgespel op vaal papier

    seker is die vaalpad
    glad geskraap
    lank vol vaalstof
    net afstand stop die rit

    swerf is ongekaart
    rigting en pad[…]

  • Tearlach wrote a new post, gereed 1 week gelede


    die see lê kalm en wag
    op die horison troon daar
    vurige blou wolke van reën
    elke natuurkind sit op gereed
    meeue sweef senuagtig rond
    op my duin sit ek en wag
    saam met alles en almal
    op Sy genade van b[…]


  • doekvoet se stappie kraam
    houvas aan jou lewe jong
    dalk word jy kos vir ou-jong
    daar tussen riete geraam

    snags wei katte in sprong
    duik hulle suisend en jaag
    sag bekruip hul jou traag
    vroeg blaas[…]

  • Tearlach wrote a new post, laars 1 week, 2 dae gelede


    girts-garts trap die laars
    opgerits tot bokant die knie
    slof-en-stap uithou stap

    swaar gelaai skouers vas
    toegerits tot bokant my ore
    krom-gedra klam gesweet

    verbewe lê jy nou daar
    ingeweef in[…]

  • Pragtige vers, en baie welkom hier tussen ons digters. Ek is maar een van die ouskool straatdigters, maar geniet goeie digwerk. ha ha

  • dun vuil gesig smeek voor
    venters ongenadig blink
    vir verligting van anderkant
    binne fel daagliks werk
    net ń swaar gevoel

    dit maak nie saak
    die bek eet net pap
    die koue verjaag
    flooie uit stink bed[…]


  • hoe het die helde geval
    skarlaken drag en helmet op
    deurweek met gierigheid se lus
    het hulle die wêreld geblus
    gestroop van goud en klip
    verguis en vermoor
    elke opponent
    se eggenoot
    en nasaat

    gister[…]

  • Tearlach wrote a new post, bewus 1 week, 6 dae gelede


    daar is ‘n wis
    met elke taak bewus
    van Sy doel met alles
    met elke brander
    wat uitkring
    oor strand

    laat jou wis
    altyd bewus wees
    van Sy genade wil
    oor jou en joune
    Hy is in beheer
    ja gewis

    ©Teãrlach

  • woorde zoom*
    om stink onderwerp
    vloei vrylik uit keelgatte
    vorm een dikstroom snert
    wat versamel in raadsale
    as uitval kompos vir môre

    feite het geen vrinde
    net bewyse sonder skerms
    versamel in klein[…]

  • Tearlach wrote a new post, selfstandig 2 weke gelede


    ek hou van ‘n man
    wat sy man kan staan
    digters speel met woorde
    verplaas onvergeetbare gedagtes
    om vir dekades in enersdenkende breine
    te kan dien as norme vir die uitstaande
    wie sal (bly)staan as die v[…]

  • Laai meer