Jongste aktiwiteit:

Gesoek: Een geheue

Soms laat ek myself totaal en al verstom deur ‘n groeiende simptoom van die gejaagde mensdom: ek reken al te graag “Ek sal dit nooit vergeet” net om ‘n paar dae later my woorde op te vreet daarom maak ek planne deur ‘n lys vir als te hou net om die neersitplek van die lys nie […]

Read More

Drenkeling

Omring deur ‘n koue nagmerrie ten spyte van my rug in die son verdrink in die see van wanorde deur die fratsgolf van geweld verstom Stuk-stuk inventaris wat is weg? wat bly oor? soutsmaak van my trane oor aandenkings verwoes en /of verloor ‘n Paar speelgoed lê buite langs loodpyp en ruitglas die reste van […]

Read More

Gelukskoot

Nog altyd kon hy wegkom met breinverblindery; valse kundigheid van jarelange  swoeg en steel verkry met hier en daar ‘n uhm en ah en ‘n goed geplaasde knik selfvoldaan na gelang  van sy gehoor se aansien geskik   Tot die dag toe iemand nog ‘n laaste vragie vra en die sweet van onkunde oor sy […]

Read More

Gaste

Saans as ek die deur oopsluit fynkam ek op my tyd die vloer, mure en plafon vir ongewenste gaste wat van buite mag inkom Sien, ek koester vir jare reeds  ‘n skaamtelose vrees dat ‘n klougeitjie in my huis mag wees   Een warm lente-aand voor die TV op die bank ontspan ek vir ‘n […]

Read More

Paddadysmoles

Alles is nie pluis in die Paddadys: die modderrige vleitjie van die Paddadigma Koningshuis Koning Paddadigma se heerskappy ontspoor ambisie tot vernuwing het hy lankal reeds verloor Prinses Paddadocs is te groot vir haar skoene en Koningin Paddanormaal fokus slegs op visioene Die volk is ontevrede oor die prys van paddafien ‘n Platanna-faksie wil van […]

Read More

Nare Waak

Nare Waak Midde-in die straat die geel en swart geveerde bekkie wawyd oop koppie neig na bowe wanhopig val sy kreet op dowe mense-ore Neffens hom ‘n tweede stel geel-swart origamivlerke diagonaal deur impak kunstig herrangskik Daagliks speel dit af tragedies in die kleine onopmerklik onbewustelik voor mense-oë, nikssiende Vir die een wat die toneel […]

Read More

Pase

‘n Paaseier het eenmaal in ‘n tuin agtergebly diep versteek tussen tak en blaar maande lank in wind en weer papier tot vaal verbleik oorgelaat aan die reëlmaat van son en maan smelt en stol Mense beweeg ook met reëlmaat tussen hawens totdat ‘n seuntjie skugter die groot nuwe tuin verken om daar diep tussen […]

Read More

Die (R)amptenaar

Wette moet gehoorsaam word, dis mos maar gewis maak nie saak die koste of beslommernis ek vermoed amptenare word deur die duiwel self opgelei hoe dan anders as mens kyk na die hel wat ons onder hulle ly? Jou beurt dié sal jy afwag, al moet jy kamp opslaan maar een ding is gewaarborg staan […]

Read More

Appels en Pere

Aflaai, opgradeer, groter, beter , vinniger stoor alles in ‘n wolk, boks of driehoek geduldig en geborge wag die data daar terwyl toestelle sync en dit is waar my moed sink… Sirkel sirkel sirkel terwyl niks gebeur vee skerm halfpad/ van onder na bo/ vee links/ vee regs maar my skerm verdwyn Onkunde saai paniek […]

Read More

Maandagmôre staan sy daar met vingers gevleg deur die draad aan’t kyk, roep en smeek Ek skuil langs die huis, net buite haar sig met ongeduld wat spoedig styg ek is reeds laat, ek moes al ry, maar kar toe moet ek eers by haar verby dan laat sak sy haar kop en leun vooroor […]

Read More
wag asb.
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed